Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9181 resensies.
"Baie veilig en een van die beste bestemmings as dit kom by skoonheid/netheid, selfoonsein nie altyd beskikbaar nie, maar dis 'n voordeel as j wil kom en wegbreek van die besige lewe."
"Oudtshoorn is 'n goeie toerismedorp , sal beslis toeriste aanbeveel om dit te besoek."
"Drie dae in Knysna is oorgenoeg, en alles vreeslik duur. Daar is baie bedelaars in die dorp en bitter min verkeersdissipline."
"Uiteet is vreeslik duur en die standaard is gemiddeld. Drie dae is oorgenoeg daar."
"It is a historical town with a relaxing vibe. Beautiful place and beautiful people."
"Google help baie met reisbeplanning, maar mens het tog soms nodig om die inligtingkantoor van toerisme te skakel of te e-pos. Die dame was van groot hulp en het die ekstra myl geloop om my te kon help met inligting van Ladismith omdat Ladismith se inligting op die webwerf nie korrek was nie. Die dame by inligting van toerisme in Ladismith het gemeld dat hulle 'n groot agterstand gehad het en dat sy nou alles in haar vermoë doen om hul plek weer op die webwerf te sit en te adverteer."
"Baie om te doen en om te sien, daar is baie om te doen vir oud en jonk soos die skulpiemuseum, die Dias museum en die posboom, die waterpark vir die kinders, die ATKV-park in Hartenbos is ook uitstekend vir kinders, heerlike eetplekke soos die Chinese restaurant, die Sea Gypsy en Delfino's was heerlik."
"'n Absloute juweel waarvan min mense, behalwe die branderplankgemeenskap (gelukkig) weet!"
"In ag genome die Covid probleem is George steeds 'n lekker plek. Naby alles en dan praat die meerderheid my taal. Almal baie vriendelik. "
"Baie sentraal geleë om by verskeie plekke uit te kom. Pragtige dorpie."
"Ons bly in Heidelberg Wes-Kaap en ken die omgewing goed. Daar is baie te sien en te doen. Vir die avontuurlustiges is daar uitdagings. Elke dorp het sy spesiale bederfplekke."
"Dit is n plek met baie aktiwiteite in en rondom die dorp en dit word hoogs aanbeveel."