Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9274 resensies.
"Ons sal beslis terugkom na De Rust, dit is 'n netjiese Karoo-dorpie met baie om te sien en doen op die dorpie self en omliggende omgewing."
"Heidelberg het oor die jare tog uitgebrei en is definitief die moeite werd om te besoek."
"Fantastiese besoekpunte! Pragtige natuur en dierelewe! Was werklik besonders en dis wonderlik dat als baie naby aan mekaar geleë is! 'n Plek in ons land wat moet besoek word!"
"Kan Birds of Eden, Monkeyland en Jukani aanbeveel. Dit is interessant vir jonk en oud!"
"Jongensfontein is beslis vir mense wat die kleindorp-gevoel van die kus waardeer. Rustig en pragtig- hier is pragtige uitsigte as jy gaan stap, lekker visvang plekkies en baie speelplek vir die kinders. Die winkel, drankwinkel en restaurant is is stapafstand van omtrent al die huise af. Groot winkels en vermaak is 10 minute weg in Stilbaai. Beslis een van my gunsteling vakansie-bestemmings!"
"Baie netjiese omgewing en nie in die bedrywige deel van George nie, maar wel naby die hospitaal indien jy dit sou nodig kry."
"Familie vriendelik. Die travel-n-biki daar het ons ook mooi gehelp om twee spesiale uitstappies te reël en doen."
"Groot Brak is a great holiday destination with a lovely beach and lagoon. The town has several restaurants and shops to supply in all your needs. It is also close to other places of interest like George and Mossel Bay."
"Pragtige see vakansie-bestemming met baie om te doen. Vriendelike mense en kuier altyd heerlik."
"Pragtige bestemming met toegang tot 'n ongelooflike mooi strand met blouvlagstatus. Die gemeenskap van Brenton-on-Sea en Knysna verdien 'n pluimpie vir hul vasberade pogings om op die been te kom na die groot brande van Junie 2017!"
"Die mense in Knysna is saamgesnoer deur die brande verlede jaar en baie slegte herinneringe is vir ons vertel maar meer nog die goeie dinge wat daardeur gebeur en plaas gevind het rondom hul ondervindinge. Hulel vertel almal net van die gemeenskap wat so saam gestaan het en hulp wat van orals oor ingestroom het."
"Dis 'n baie netjiese en skoon dorp.mHulle doen baie moeite om hul ou geboue netjies in stand te hou. Lekker eetplekke en vriendelike mense."
"Dis 'n oulike dorp met genoeg om te doen. Daar is als wat mens wil hê behalwe 'n fliek. Maar nogmaals is dit 'n lieflike plek."
"Dis 'n rustige stil en natuurskoon area naby alle geriewe en winkels. Baie sentraal geleë en ook nie ver van bekende toeriste aantreklikhede nie."
"Wilderness is a delightful area that combines beach, forest and Fynbos areas, along with a delightful little village. There are good restaurants and interesting shops for when the weather is inclement."
Groot Yzervarkensfontein, Tuinroete
Cliff's Edge Farm House"Had a great stay and place is well recommended. "