Verified Reviews
Uvongo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Uvongo
Rated 4.5 out of 5 based on 390 reviews.
"Uvongo has all you need for when you're on holiday. Just as in most towns, remember to buy clean drinking water."
"Dis net jammer dat aan die suidekant van die lagoon daar nie meer toegang is tot by die restaurant en kiddies-swembad nie. Na die vloede is daar ook nie meer strand aan Jakaranda se kant nie, maar dit het ons nie weerhou daarvan om heerlik te rus en te ontspan nie."
"Natspat val onder die Manaba-area in Uvongo, en Manaba en Uvongo het twee verskillende hoofstrande. Die Uvongo strand was met ons besoek steeds nie toeganklik nie, as gevolg van die vloede in April, maar die gemeenskap was besig om skoon te maak. Ons het dus na Manabastrand gegaan (wat loopafstand van Natspat is) en die atmosfeer was heerlik!"
"Die plekkie is lekker ruim. Baie netjies en het alles in wat jy sal benodig. Mooi uitsig oor die see en naby alles geleë. Eienaar verskriklik behulpsaam en vriendelik. 'n Naweek wat ons geboek het vir werk in Uvongo, het LekkerSlaap vir ons as 'n wegbreeknaweek ook gesorg. Dankie."
"Die strand was nie regtig beskikbaar nie, maar was te verstane a.g.v. die vloede wat daar was."
"Goeie ligging om suidkus te verken. Lagoon se water ruik egter na riool as jy naby waterval kom met trapbootjies. Dit was seker ook rede hoekom swem daarin verbode was."
"Veilige, rustig, baie skoon, dierevriendelike vakansiedorp vir familie en vriende. Jonk en oud."
"Very nice holiday destination. Concerned about the lagoon that runs into the ocean. Water is contaminated with sewage. Would recommend Ramsgate Beach. Perfect for families with younger children."
"Uvongo is ongelukkig nie meer wat dit was nie, dit sal my laaste keer wees om daarheen te gaan."
"Pasop vir die graswalle wat see toe lei. Dit kan enkels breek. Daar kan gerus gekyk word om die strandareas meer bereikbaar te maak."