Of jy nou al van kleins af droom van ’n intieme troue, of uiteindelik ’n kans neem op die liefde (selfs vir ’n tweede keer), LekkeSlaap het ’n paar bekoorlike kapelle waar jy en jou geliefde die eed kan sweer. Mik jy vir die berge, die wingerde of die bos? Sê “ja!” in een van dié kapelle en word van jou trou-bekommernisse verlos.

 

Diamant Estate

Paarl

’n Ou wynkelder wat uit die 1700’s dateer, is opgeknap en ingerig as ’n gesellige kapel tussen die wingerde, mét ondervloerse verhitting, houtdakbalke en kandelare.

Diamant Estate

Kapel: 100 gaste.
Onthaal: 140 gaste in die hoof-funksielokaal, met ’n dansvloer, en 50 gaste in die meer intieme venue.
Slaapplek: 22 gaste.

Spyseniering
Dranklisensie
Troukoördineerder en ’n lys voorgestelde troubeplanners

Ekstras wat beskikbaar is by die venue: Dekor, klank en beligting, ’n fotograaf, blomme en stilering, en die personeel by die geleentheid.

Vir meer oor Diamant Estate, kliek hiér.

Diamant Estate

Lord’s Guest Lodge

McGregor

Dié klein rietdak-klipkapel, met deure en gebrandskilderde glasvensters wat uit 1849 dateer, herinner aan Skotland en is die perfekte, intieme plek om die trou te sweer.

Lord's Guest Lodge

Kapel: 80 gaste.
Onthaal: 80 met ’n klein dansvloer en ’n groot, gesellige kaggel.
Slaapplek: 16 gaste.

Spyseniering
Dranklisensie
Troukoördineerder

Ekstras wat beskikbaar is by die venue: ’n Restaurant, wynproe en spa-behandelinge op die perseel, ’n bruid-suite, ’n grimeerkunstenaar, klank, blomme- en dekor-konsultasie, en personeel by die geleentheid.

Lord's Guest Lodge

Le Manoir De Brendel Guesthouse

Franschhoek

As jy nog altyd op ’n wynplaas wou trou, is Le Manoir De Brendel in Franschhoek se kapel perfek vir jou!

Le Manoir de Brendel Guesthouse

Kapel: 50 gaste.
Onthaal: Tot 40 gaste in die kelder-venue met ’n dansvloer en 70 gaste buite in die tuin of in die markeetent.
Slaapplek: 28 gaste.

Spyseniering
Dranklisensie en Le Manoir De Brendel se wyne

Ekstras wat beskikbaar is by die venue: Dekor en personeel vir die geleentheid.

Le Manoir de Brendel Guesthouse

Montpellier De Tulbagh

Tulbagh

Met die skouspelagtige berge wat Montpellier omring, die Kaaps-Hollandse argitektuur en die wandelpaadjies al tussen die wingerde, is dié trou-venue enige bruid se droom. En die pragtige kapel is die kersie op die troukoek!

Montpellier De Tulbagh

Kapel: 90 gaste (100 met ekstra sitplek).
Onthaal: 120 gaste in die kelder en 150 gaste buite.
Slaapplek: 46 op Montpellier self, maar ’n altesaam 62 op die Constantia-plaas.

Spyseniering (tans deur Malita Joubert)
Dranklisensie en Montpellier se wyne

Ekstras wat beskikbaar is by die venue: ’n Bruid-suite, ’n “man cave” in die kelder vir die bruidegom se gevolg, ’n klavier en kerse in die kapel, vervoer na en vanaf die kapel, tafels en stoele, konfetti,  vuurmaakhout, tafel-items soos breekware en wit lapservette, en personeel by die geleentheid.

Montpellier De Tulbagh

Zorgvliet Wines Country Lodge

Stellenbosch

Zorgvliet se troukapel is pragtig onderhou en spog met gebrandskilderde glasvensters wat uit 1732 dateer. Dié venue het ’n flair wat net ’n Stellenboschse wynlandgoed kan bied en sal jou trou-sprokie perfek afrond.

 Zorgvliet Wines Country Lodge

Kapel: 150 gaste.
Onthaal: 150 gaste met ’n dansvloer.
Slaapplek: 34 gaste.

Spyseniering beskikbaar, maar hulle laat ook buite-spyseniers toe
Dranklisensie en Zorgvliet se wyne
Troukoördineerder teen ekstra koste

Ekstras wat beskikbaar is by die venue: ’n Kaggel en lugversorging in die venue, sekere dekorstukke reeds ingesluit en ander, soos glasware en linne, beskikbaar teen ekstra koste, blomme en stilering, en personeel vir die geleentheid.

Zorgvliet Wines Country Lodge

 

Calderwood Hall Guest House

Suidelike Drakensberge

Met sy statige Edwardiaanse argitektuur, die Drakensberge aan die een kant en die golwende grastapyt van die Natalse Middellande aan die anderkant, is Calderwood Hall sowaar ’n sprokiesvenue. Die klipkapel op die perseel is net nóg ’n rede om liries te raak oor die liefde.

Calderwood Hall Guest House

Kapel: 150 gaste.
Onthaal: 250 met ’n dansvloer.
Slaapplek: 77 gaste.

Spyseniering
Dranklisensie
Troukoördineerder

Ekstras wat beskikbaar is by die venue: Tafels, stoele, lekkergoedtafel met flesse en opskeppies, opstel van die venue, eetgerei en breekware, tafellinne en lapservette, tafelnommers, personeel by die geleentheid, kragopwekker, tuinspeletjies, bruid-suite wat ontbyt vir die bruidspaar die oggend ná die troue insluit.

Calderwood Hall Guest House

Brahman Hills

Natalse Middellande

Met ’n onversperde uitsig oor die dam en die grasvlaktes, en die majestueuse brahmaan-stoet wat rondom die glaskapel wei, is Brahman Hills se kapel ’n asemrowende plek vir ’n uitsonderlike troudag.

Brahman Hills

Kapel: 150 gaste, 200 as sommige gaste staan.
Onthaal: 24 tot 380 gaste met ’n dansbaan. Daar is verskillende venues soos The Glass House, The Nguni Rooms, The Agility Hub en die restaurant, 89 on Copper.
Slaapplek: 120 gaste.

Spyseniering
Dranklisensie
Troukoördineerder

Ekstras wat beskikbaar is by die venue: ’n Spesiale dekor- en blommekamer om vooraf ’n idee te skep van hoe jou troudag gaan lyk, absoluut-alles-ingesluit-pakkette.

Brahman Hills

Cathedral Peak Hotel

Ukhahlamba Drakensberg Park

Kom trou tussen Suid-Afrika se mees skouspelagtige pieke in Cathedral Peak se klipkapel.

Cathedral Peak Hotel

 

Kapel: 120 gaste.
Onthaal: 50 gaste in die Mafifiyela-saal en 140 gaste in die Umlambonja-saal.
Slaapplek: 254 gaste op die perseel, maar as selfs net 15 dubbelkamers deur die trougaste bespreek word, word sekere ekstras outomaties by die paartjie se troupakket ingesluit.

Spyseniering
Dranklisensie
Trouspan

Ekstras wat beskikbaar is by die venue: Tafels en stoele, linne, breekware, eetgerei, glasware, dekoritems, blomme, vermaak, personeel vir die geleentheid (insluitend kelners en kroegmanne), kinderoppasser tot 24:00 by die troue, ’n Catherdral Peak Hotel-geskenkbewys vir die troupaartjie se eerste huweliksherdenking.

Cathedral Peak Hotel

Vulintaba Country Hotel & Spa

Newcastle

Die skoon lyne, vloer-tot-plafon-venster en 3 swierige kandelare maak Vulintaba se kapel die ideale venue vir ’n moderne romanse.

Vulintaba Country Hotel

Kapel: 140 gaste.
Onthaal: 300 gaste met ’n dansvloer.
Slaapplek: 138 gaste in die 69 kamers.

Spyseniering
Dranklisensie
Troukoördineerder

Ekstras wat beskikbaar is by die venue: Een suite vir die bruid en bruidegom se trou-aand en ’n gholfkarretjie vir foto’s.

Vulintaba Country Hotel

Thaba Eco Hotel

Johannesburg

Vir ’n troue met net soveel goue oomblikke soos die Goudstad daarnaby, kies Thaba Eco Hotel en sy kenmerkende kapel met koepelafwerkings en swaar houtdakbalke.

Thaba Eco Hotel

Kapel: 180 gaste.
Onthaal: 50 – 450 gaste in ’n verskeidenheid venues.
Slaapplek: 104 gaste.

Spyseniering
Dranklisensie
Troukoördineerder

Ekstras wat beskikbaar is by die venue: Tafels en stoele, linne, beligting, dekoritems, kerse, fotohoekie en rekwisiete, tafelnommers en ’n elektroniese sitplekgids, ’n pasgetroud-gholfkarretjie, spa op die perseel, ’n geskenkbewys vir die troupaartjie vir hul eerste huweliksherdenking, en The Wedding Connexion Rok-boetiek op die perseel.

Thaba Eco Hotel

Destiny Lodge – Cullinan

Dinokeng

Van die paadjie-tapyt tot die professionele diens, is Destiny Lodge met goeie rede vir menige paartjie dié plek vir ’n pragtroue.

Destiny Lodge - Cullinan

Kapel: 150 gaste.
Onthaal: 150 met ’n dansvloer.
Slaapplek: 50 gaste.

Spyseniering
Dranklisensie
Troukoördineerder

Ekstras wat beskikbaar is by die venue: Bruid-suite, dekoritems, tafels, stoele, breekware en eetgerei, linne, drapering en feëtjieliggies, koektafel, esel vir tafeluitleg, personeel vir die geleentheid (insluitend kroegmanne), en ’n geskenkbewys vir die troupaartjie se eerste huweliksherdenking.

Destiny Lodge - Cullinan

Murasie Guest Farm

Bethlehem

Murasie se ongekunstelde klipkapel is perfek vir ’n onvergeetlike plaastroue soos nét die Vrystaat dit kan doen.

Murasie Guest Farm

Kapel: 180 gaste.
Onthaal: 150 gaste met ’n dansvloer.
Slaapplek:15 gaste.

Spyseniering
Dranklisensie
Troukoördineerder

Murasie Guest Farm

Palala Boutique Game Lodge & Spa

Tom Burke

Die silhoeët van die troupaartjie geëts teen die helder lig wat deur dié kapel se enorme venster skyn, sal jou trougaste na snesies laat soek.

Palala Boutique Game Lodge & Spa
Kapel: 150 gaste.
Onthaal: 80 gaste met ’n dansvloer. ’n Splinternuwe onthaalsaal met sitplek vir 200 sal teen November klaargebou wees.
Slaapplek: 76 gaste.

Spyseniering
Dranklisensie
Troukoördineerder

Ekstras wat beskikbaar is by die venue: Klanktoerusting by die kapel en die onthaal, verwelkomingsdrankies, canapés terwyl die bruidspaar foto’s neem, data-projektor en skerm, 2 bottels sjampanje per tafel, 2 huiswyne per tafel, breekware en eetgerei, tafellinne, tafels en stoele.

Palala Boutique Game Lodge & Spa

Birdsong Cottages

Modimolle

Die bekoorlike rietdak-klipkapel op dié karaktervolle bosveldplaas sal jou hart waarlik soos ’n veldvoëltjie laat sing.

Birdsong Cottages

Kapel: 60 gaste.
Onthaal: 60 gaste of 40 gaste met ’n klein dansvloer.
Slaapplek: 32 gaste.

Spysenieringsgeriewe op die perseel vir buite-spyseniers
Troukoördineerder

Birdsong Cottages

Shangri-La Country Hotel and Spa

Modimolle

Dié klipkapelletjie wat versteek is in Shangri-La se lowerryke tuine is die salige middelpunt van hierdie Waterberg-paradys.

Shangri-La Country Hotel & Spa

Kapel: 60 gaste. Daar is ook ’n Jakaranda-laning wat vir seremonies gebruik word.
Onthaal: 180 gaste in ’n verskeidenheid venues-opsies.
Slaapplek: 94 gaste.

Spyseniering
Dranklisensie
Troukoördineerder

Ekstras wat beskikbaar is by die venue: Tafels en stoele, linne, breekware en eetgerei, personeel vir die geleentheid insluitend ’n kroegman tot 24:00, proe-sessies vir die bruid en bruidegom, ’n wittebrood-suite en spa-behandelings.

Shangri-La Country Hotel & Spa

Van My Sakpas-troue en Wie’s my Strooimeisie tot Ons Sprokiesbruilof, Pasgetroud en Zavion, LekkeSlaap het al vir ’n hele rits trouprogramme pragtige verblyf gereël.

So, druk op ons knoppie as jy trouklokke in jou gunsteling-kapel hoor lui, en ons sorg dat jou trougaste lekke’ bly.

Montpellier de Tulbagh

Skakel gerus in op Via (kanaal 147) en kykNET (kanaal 144) om die programme hierbo te sien en inspirasie vir jou mooi dag te kry.

LET WEL: Ekstras is beskikbaar op die perseel, maar is nie noodwendig ingesluit by die koste van die trou-venue nie en mag deel vorm van ’n spesiale pakket.

FOTO-ERKENNING:

Alle foto’s wat nie hier vermeld word nie, is vanaf dié instansies se LekkeSlaap-profiele verkry.

* Hooffoto: Shangri-La Country Estate & Spa deur Meghan McCabe.
* Diamant Estate-hooffoto: Pieter Wolhüter.
* Diamant Estate-collage: Alles vanaf Diamant Estate se Facebook-blad, met erkenning aan Abri Kruger Photography (middel-bo), Pieter Wolhüter (middel-onder) en Fiona Claire Photography (onder-regs).
* Lord’s Guest Lodge-hooffoto en -collage: Lilac Photography
* Montpellier de Tulbagh-hooffoto en -collage: Wilhelm en Analja se troue deur Kikitography
* Le Manoir de Brendel: Foto’s verskaf deur die instansie
* Zorgvliet Wines Country Lodge: Foto’s verskaf deur die instansie
* Calderwood Hall Guest House: Colin Browne Photography
* Brahman Hills: Foto’s verskaf deur die instansie
* Cathedral Peak Hotel: Foto’s vanaf hul Facebook-profiel met toestemming
* Vulintaba Country Hotel & Spa: Foto’s verskaf deur die instansie
* Thaba Eco Hotel: Foto’s verskaf deur die instansie
* Destiny Lodge – Cullinan: Foto’s vanaf hul Facebook-profiel met toestemming
* Murasie Guest Farm: Foto’s vanaf hul Facebook-profiel met toestemming
* Palala Boutique Game Lodge & Spa: Foto’s verskaf deur die instansie.
* Birdsong Cottages: Alles Gareth Williams, behalwe middel-bo deur Tessa Steyn.
* Shangri-La Country Estate & Spa-hooffoto: Meghan McCabe.
* Shangri-La Country Estate & Spa-collage: LekkeSlaap-foto’s behalwe onder-regs deur Peter Atterbury.
* Slotfoto: Montpellier de Tulbagh deur Kikitography