Verified Reviews
Escape From Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escape From Cape Town
Rated 4.6 out of 5 based on 16603 reviews.
Struisbaai, Escape From Cape Town
Blue Whale"Rustig en naby Agulhas met die mooiste wit klippe en groot rotse!"
Paternoster, Escape From Cape Town
Kapokbossie"Die eenvoudige vissersgemeenskap-bekoring gemeng met moderne gemak en ontwikkeling is definitief 'n wenresep. Heerlik gekuier by 'n paar verskillende watergate en die kunselement is uiters gepas. Hier kan jy definitief doen waarvoor jy lus is. Van niks tot alles."
Kleinmond, Escape From Cape Town
'Die Rotse' Host House"Kleinmond is 'n pragtige plattelandse dorp, het goeie eetplekke en die mense is baie vriendelik. Die strand en lagoon is fantasties mooi."
Paternoster, Escape From Cape Town
Sandals"So lekker om te sien dat paternoster nou ook 'n brouery oop het en dat paternoster so 'n mooi klein dorpie op sy eie is, maar ek sal weer binnekort kom kuier."
Witsand, Escape From Cape Town
Ferdi-Sue Accommodation"Witsand is nog altyd vir my een van die beste bestemmings aan die Suid-kaap. Iets vir mamma. pappa en die kinders om te doen."
Hannas Bay, Escape From Cape Town
Duifieklip"Hannasbaai is 'n heerlike rustige area en die bure is besonder vriendelik."
Yzerfontein, Escape From Cape Town
Nautilus"Yzerfontein lyk nou soos 'n upmarket high-density behuisingsprojek, maar die permanente inwoners is vriendelik en gasvry, die natuur is asemrowend, daar is interessante stappies en oulike winkels en restaurante. "
Jongensfontein, Escape From Cape Town
SeeBries"Jongensfontein is 'n versteekte juweel. Die Drie Pikke Wyne op die klein dorpie het als wat jy nodig het, as jy iets benodig, van n goeie maaltyd tot 'n yskoue ietsie. En vir klein span, lekker draai roomyse. Die Dorp is veilig vir oud en jonk en mense is baie vriendelik, definitief 'n versteekte juweel. "
De Kelders, Escape From Cape Town
Guppy Huys Oceanfront Bungalow"Veilige kusdorpie met pragtige natuurskoon en oor as genoeg aktiwiteite om mens besig te hou."
Perlemoen Bay, Escape From Cape Town
Ons C-huis"Op Sondae raas die mense bietjie wat kom braai by die braaiers langs die see. Hulle speel hulle musiek baie hard en rev hulle karre se enjins. Andersins is dit lekker rustig!"
Still Bay East, Escape From Cape Town
Lulu's Cottage"The are a few street names with Gordon in their names in close proximity to each other. This is rather confusing when trying to locate the cottage."
Jongensfontein, Escape From Cape Town
Walter's Place"Ek het lanklaas so 'n oulike dorp besoek. Dis die moeite werd om soontoe te gaan."
Kleinbaai, Escape From Cape Town
White Shark Lodge"Skoon, rustig, voel veilig, baie om te sien - die Shark Cage Dive bote launch van hier af."
Struisbaai, Escape From Cape Town
Struisbaai Beach House"Oh wow. Sruisbaai itself is a small, beautiful place outside Cape Town with lots of activities one can enjoy. One can visit the harbour, lighthouse and see where the Pacific and Indian ocean meet."
Robertson, Escape From Cape Town
The Annex"Goeie snuffelmoontlikhede, restaurante en 'n mooi dorp."
Langebaan, Escape From Cape Town
Flamingo Park A2"Ek is 'n voorstaander vir Weskus en Langebaan was nog altyd my plekke waar ek skuiling soek net om weg te breek van die middestad se gevoel en geraas en om eerlik te wees, 'n man is gelukkig waar sy familie gelukkig is."
Britannia Bay, Escape From Cape Town
Beachway on Golden Mile"Lekker langs die lang wit stand geloop. Desiree/James het ons van al die moet-sien-plekke vertel en ook van goeie, bekostigbare eetplekke vertel. "
Arniston, Escape From Cape Town
The Gift"'n Pragtige en interessante klein stukkie geskiedenis wat dalk nog meer bewaar moet word."
Kleinmond, Escape From Cape Town
Serenity"See, mooi berge, ideaal vir die natuurliefhebber. Baie lekker vakansiebestemming, of om te woon."
Slanghoek, Escape From Cape Town
Kliphout @ Platbos Log Cabins"Slanghoek is 'n klein skat in die Wynlande."
Greyton, Escape From Cape Town
Mount Grace Country House"Hulle moet net wyn op 'n Sondag verkoop - ons het vergeet om saam te neem en dus maar 'n drankie of 2 iewers anders geniet."