Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 15801 resensies.
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Weskushuis"Beautiful, peaceful and people are friendly in area. I love the fact that their are mall nearby the area. Awesome. "
Struisbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Old Cape Last Trading Post"Ja, dit was my eerste besoek aan Struisbaai en die hartlikheid van die mense het my getref. Dit was baie koud tydens ons besoek daar, maar die warm harte het ons gou van die koue laat vergeet. Pragtige skoon, plattelandse dorp en gemeenskap. Hoop ons sien julle weer."
Perlemoenbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
SeaKaya"Baie veilige area met sekuriteit wat heeltyd patrolleer."
"Witsand is 'n heerlike juweeltjie. Pragtige strande waar mens heerlik kan loop en skulpe optel. Ek het nog nooit sulke hope skulpe op 'n strand sien lê nie. Visvang is nie my passie nie, maar duidelik is dit ook die plek daarvoor as jy daarvan hou nie. Daar is al die geriewe wat jy sou verwag, maar dit voel nie kommersieel nie. Dit maak dit 'n plus punt aangesien dit mos juis is waar mens wil rus as jy wil wegkom van daaglikse stresse. Pragtige, skoon omgewing. Lekker vakansieplek. Lekker blyplek as jy sommer net wil wegkom en maak asof jy in die paradys lewe."
"Montagu is 'n pragtige dorp met die beste restaurante en vriendelike mense!"
Barrydale, Ontsnap Uit Kaapstad
Barrydale Karoo - Boutique Hotel"Nothing to do in and around the area on a Sunday, and everything closes by 17:00. We therefore had no where to really experience dinner."
Stilbaai-Wes, Ontsnap Uit Kaapstad
Wag-'n-Bietjie"'n Pragtige bestemming. Die enigste probleem is dat die swemstrand relatief ver van Stilbaai-Wes is. "
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Komyntjie 1"Veiligheid bly 'n bron van kommer. Daar is soveel werkloosheid en gevolglik heelwat arrogante bedelaars en mense wat goed wil verkoop. Moet niks openlik sigbaar in jou motor of self buite jou wooneenheid los nie."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Seeperdjie"Paternoster voel al soos my tweede tuisdorp, warm vol liefde."
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Allview Holiday Apartments"'n Absolute moet vir reisigers na die Weskus! "
Hoog-En-Droog, Ontsnap Uit Kaapstad
110 Main, Paarl"Good, safe area, with vineyards. Best part of Paarl to stay in!"
Stilbaai-Wes, Ontsnap Uit Kaapstad
David Bongers Holiday Accommodation"Ek sal niks byvoeg of wegneem nie, dit is perfek nes dit is."
Arniston, Ontsnap Uit Kaapstad
Etna's Flat"Ek sal net n voorstel byvoeg, dit sal ook gemakliker wees as daar 'n groter inkopiewinkel beskikbaar kan wees in Arniston soos 'n OK Mini Market."
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Weskushuis"Lekker rustige bestemming. Genoeg aktiwiteite in dorpe naby."
Franschhoek, Ontsnap Uit Kaapstad
Mirabelle Bed and Breakfast"Dit is 'n pragtige dorp met baie interessante klein winkels en lekker eetplekke."
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Weskushuis"Die natuurskoon is ongelooflik mooi en is 'n ware jakob vir die toeris wat stilte vir die siel nodig het. Hier kan jy weer jou innerlike self ontdek. "
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Paternoster Place"Paternoster is 'n heerlike plek ek sal enige tyd weer gaan."
Riebeek-Wes, Ontsnap Uit Kaapstad
Gabriella's Accommodation"Pragtige dorpie. Laat mens baie dink aan Clarens. Net nie so baie winkeltjies nie. "
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
DuVon Farmhouse"Baie goeie area om plattelandse wynplase en klein dorpies te besoek. Net jammer die Klipdrift Distillery bied nie besigtigingstoere aan vir toeriste nie, sou dit graag wou sien."
"A great destination for a short stay with numerous outdoor activities available."
Britannica Heights, Ontsnap Uit Kaapstad
The Lazy Daisies"Make sure to pay the De Palm Restaurant a visit."
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
18 on Adderley"Baie behulpsaam en vriendelik. Was regtig baie lekker."