Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 16103 resensies.
Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad
Elianthe's Guest House"Was verras deur wat die dorpie alles bied. Kwaliteit lewenstyl. Asemrowende omgewing."
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Weskushuis"Jacobsbaai het baie gegroei die afgelope 20 jaar, en bly een van die mees private kusdorpies in die omgewing. Ek sien dit bou steeds dat dit klap en groei sterk."
Worcester, Ontsnap Uit Kaapstad
Linge Longa"Ongelooflike mooi omgewing en ideale wyntoerisme bestemming."
Barrydale, Ontsnap Uit Kaapstad
Karoo Art Hotel"Dis 'n plek waar 'n mens meer as een dag benodig om alles te kan sien en beleef."
Citrusdal, Ontsnap Uit Kaapstad
Aan d' Oewer Bed & Breakfast"Tradisionele kontrei maandeinde wat gepaard gaan met met sy eie uitdagings, maar die omgewing is puik."
"Die karakter van die dorpie is uniek en word goed beheer deur die hoofstraat en geboue oor die algemeen eenvoudig, gerestoureer en mooi versorg. Lekker restaurant, doen dinge en interessante besighede. Heerlik om stappies en en buite dorp te doen."
"Ons het amper die winkels agter Paddagang gemis en het gedink die hoofstraat met Kafees was dít! Gelukkig het iemand ons verwys na die ander plekkies. Dalk kan dit duideliker aangedui word. "
Barrydale, Ontsnap Uit Kaapstad
The Blue Cow Barn – Boutique Farm Accommodation"Barrydale is 'n pragtige dorpie en 'n fotograaf se droom. Die dorpie is vol pragtige huisies met yslike agterplase, elk met 'n stukkie boord of wingerd. Op die Route 62 is restaurante om van te kies en te keur. Dit voel kompleet of ons in 'n ander land was."
Clanwilliam, Ontsnap Uit Kaapstad
Kleinfontein"Is 'n mooi plattelandse dorp met alles wat jy wil hê. "
Stanford, Ontsnap Uit Kaapstad
Stanford Hotel"Baie mooi rustige plekkie, stil en stemmig met vriendelike mense en pragtige omgewing."
"Ons het uitsluitlik gekom vir die perdeskou, wat ons nou elke jaar wil bywoon. Tog is daar so baie in en om Tulbagh om te doen dat ons voor volgende Oktober sal terug wees. "
Clanwilliam, Ontsnap Uit Kaapstad
Hangnes @ Boskloof Swemgat"Pragtige dorpie met gasvrye inwoners. Sal volgende keer langer tyd daar wil spandeer."
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Bayview 104"Sal beslis weer daar gaan kuier en tyd deurbring. Pragtige omgewing en natuurskoon."
Rawsonville, Ontsnap Uit Kaapstad
La Bri Guest House"Rawsonville is 'n pragtige omgewing en absoluut ideaal vir 'n wegbreek naweek of selfs langer tydperk."
"Besoek die wynplase en maak verseker 'n draai by die Saronsberg Teater en Things I Love in die dorp."