Verified Reviews
Klein Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Klein Karoo
Rated 4.6 out of 5 based on 1841 reviews.
"Die dorp en die omgewing het baie om te doen en te geniet. Kultuurhistories, natuur, boerderye, ens. Dit is die ideale plek om 'n paar dae oor te bly op pad tussen vele ander bestemmings. Ek dink net die dorp kan meer doen om besoekers met inligting te voorsien terwyl jy as toeris daar is; ons het maar baie opgelees andersins het jy ook nie geweet waar om te gaan nie. Ook nie juis toeristevriendelike winkels met produkte van die omgewing nie. Dit is egter maar dieselfde probleem by meeste bestemmings in ons land."
"Karoo is vir seker 'n moet-doen ervaring. Die winterfees in Calitzdorp is anders as al die ander gewone feeste in die omgewing. Oudtshoorn bied groot verskeidenheid aktiwiteite vir toeriste."
"A beautiful town with stunning scenery and many opportunities for hiking."
"Ons het die naweek van die Meiringspoort Fiets wedren gekies, wat toevallig ook die naweek van die Kerk basaar was. Het dit vreeslik geniet, maar ek dink oor die algemeen is De Rust stil, en daar is nie veel vermaak nie. Mens moet verstaan dat dit 'n "wegkomkans" is wanneer jy De Rust kies as bestemming! "
"Karuza wyne maak vroeg toe, veral oor naweke. Hou dit ingedagte as julle dit wil besoek."
"Wat meer kan mens sê oor die Klein Karoo, dit bly 'n voorreg om enige deel daarvan te besoek."
"'n besoek aan Oudtshoorn is beslis die moeite werd en 'n goeie toeriste attraksie."
"'n Wonderlike plek en area met baie besienswaardighede. Baie eetplekke en mooi natuurskoon. Vriendelike mense."
"Ek was nog altyd 'n baie groot liefhebber van Montagu en was al bitter baie daar vir oornag akkomodasie of vakansie. My laaste 2 ergvarings was dus dat ek die "locals" baie onvriendelik vind. Ek bly self op 'n klein dorp en hier groet almal mekaar en dit was voorheen die gevoel wat ek op Montagu gekry het, maar laaste twee besoeke was dit nie die geval. "
"Akkommodasie tariewe vir plaaslike toerisme is billik, maar memorabilia is buitesporig duur vir plaaslike toerisme."
"Oudtshoorn is een van ons gunstelling vakansiebestemmings in SA. Ons kan aan enigeiemand aanbeveel om die volgende plekke te besoek: Mount Noah Lodge, The Black Swan Restaurant & Wine Bar, Nostalgie (beste Volstruis Burgers in die dorp) asook Safari Ostrich Farm. "
"Die mense hier is plat op die aarde, goeie, vriendelike, meestal Afrikaanse mense. Jy gaan Pick 'n Pay toe en daar kry jy 'n vreemdeling in die ry en julle begin gesels soos ou vriende. "