Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7895 resensies.
"Ongelukkig het ons net oornag daar, maar dit lyk na een van daardie dorpies in die Karoo wat 'n juweeltjie kan wees vir 'n dag of twee se oorbly!"
"Vir die historikus of enigiemand wat in Suid-Afrikaanse geskiedenis belangstel, is Colesberg 'n plek wat gerus besoek kan word. Die ou begraafplase alleen bied reeds interessante informasie."
"Wat ons wel opgeval het is dat dit besonders netjies is met geen rommel wat rondlê of rond waai nie."
"Min plattelandse dorpe wat op 'n Sondagaand 'n heerlike bord kos kan voorsit. Het heerlik in die dorp geëet en oorgeslaap. Baie dankie!"
"Municipality could do more to improve the roads. But pretty clean compared to other places. I'm sure they are trying. "
"Kakamas is 'n wonderlike dorpie vol karakter. Dit is ook gerieflik naby die Augrabieswaterval geleë."
"Baie oulike en netjiese restaurant in die hoofstraat! Heerlike kos en atmosfeer."
"Skoon, netjies, Afrikaans, vriendelik en sentraal om heelwat toeristebestemmings te kan besoek."