Geverifieerde Resensie

Northern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7900 resensies.

Colesberg, Noord-Kaap

Hazeldene

"Sal graag langer op Colesberg wil vertoef om te sien wat die dorp bied."

Kakamas, Noord-Kaap

Palmhof Chalets

"Ek kan nie glo dat ons in 14 jaar in die Noord-Kaap 'n juweel soos Kakamas misgery het nie, wat 'n pragtige en interessante dorpie - beslis nog 'n besoek werd!"

Monument Heights, Noord-Kaap

Mondior Manor

"As oud-Kimberliet was ons aangenaam verras oor hoe baie Kimberley uitgebrei het en besonders verras oor hoe gerieflik naby aan alles Monument Hoogte en Royldene nou is!"

Noord-Kaap

Kgalagadi Lifestyle Lodge

"Love the Northern Cape landscape, people and animals. The roads are infinitely better than in Limpopo and Mpumalanga - so a compliment to your administration."

Hondeklipbaai, Noord-Kaap

Honne-Pondokkies

"Maak net voorsiening as jy op 'n Sondag daar oorslaap. Restaurante maak vroeg toe. Pragtige omgewing."

Calvinia, Noord-Kaap

Calvinia Hotel

"Altyd lekker om in die Karoo te kuier."

Springbok, Noord-Kaap

Kliprand Guesthouse

"Bemark die plek beter! Maak daarvan 'n toeristetrekpleister waar mense op pad na Namibië sal wil oorbly."

Richmond, Noord-Kaap

Ka Ma Lodge

"Die wind het baie gewaai die dag en ek het nie die omgewing verken nie. Dit is 'n goeie oornag op pad na Kaapstad."

Hondeklipbaai, Noord-Kaap

Honne-Hemel: Oubaas

"Ek dink Hondeklipbaai kan 'n goeie toeristebestemming raak as die pad net verbeter word. "

Springbok, Noord-Kaap

Nama White Guesthouse

"Baie lekker atmosfeer en baie vriendelike mense. Ek moet Charmaine van die Munisipale Verkeersafdeling uitlig - wat 'n wonderlike mens."

Colesberg, Noord-Kaap

Brand Guesthouse

"Klein dorpie, mense is baie behulpsaam en dis Afrikaans. "

Hondeklipbaai, Noord-Kaap

HonneHokke Resort

"Very bad roads and little to find there - take everything you require along."

Springbok, Noord-Kaap

Kliprand Guesthouse

"Springbok en omgewing bly nog al die jare 'n pragtige toeriste bestemming, hierdie deel van Namakwaland is 'n moet sien en O'kiep Hotel se buffet-etes kan nie mis geloop word nie, beste in omgewing. "

Hondeklipbaai, Noord-Kaap

Honne-Pondokkies

"Miskien sal dit in die toekoms nodig wees om reisigers sonder SUV's of 4x4's af te raai om tot daar te gaan - die paaie soontoe is baie sleg vir gewone sedan-motors."

Augrabies, Noord-Kaap

Khamkirri

"Absolute asemrowende omgewing."

Springbok, Noord-Kaap

Springbok Inn

"Springbok is 'n wonderlike plek vir toer van die blomme en om in sand en klip fiets te ry."

Springbok, Noord-Kaap

Hananja Lodge and Restaurant

"Dat geskiedenis bewaar word re Springbok se oorsprong. Duidelike rigtingborde wat die plekke aanwys."

Kamieskroon, Noord-Kaap

Verbe Caravan Park

"Kamieskroon as dorp bied nie veel nie . Dit is egter die omgewing wat 'n besoek die moeite werd maak."

Keimoes, Noord-Kaap

Kokerboom Lodge

"Ja, daar is baie besienswaardighede, soos die Oranjerivier Kelders met heerlike wyn wat jy eers kan proe voor jy koop, en Kanoneiland met al sy wingerde nie ver daarvandaan nie, en natuurlik die waterwiel wat steeds draai. Pragtige omgewing met talle stalletjies met produkte van die omgewing soos dadels, rosyne, alle droë vrugte, ens."

Carnarvon, Noord-Kaap

Lord Carnarvon Guesthouse

"Carnarvon is 'n tipiese Karoodorp, maar met The Lord's Kitchen om by te eet en Lord Carnarvon Guesthouse om by te oornag is dit baie spesiaal. As jy hou van "the road less travelled", maak gerus hier 'n draai."

Hondeklipbaai, Noord-Kaap

Honne-Pondokkies

"Klein dorpie, maar pragtige strand en eetplekkies."

Augrabies, Noord-Kaap

The Quiver Tree Guesthouse

"Het dit baie geniet. Hoewel dit redelik droog is, is daar steeds baie om te sien by die valle self en ook in die omgewing."

Kakamas, Noord-Kaap

Palmhof Chalets

"Ek hou van die benede-Oranje."

McDougallsbaai, Noord-Kaap

Dis Al! Akkommodasie

"On Port Nolloth beach there was a lot of broken glass and litter which was quite disappointing. I believe in December it is a blue flag beach but definitely not in August. "

Augrabies, Noord-Kaap

Augrabies Valle Guesthouse

"Pragtige en baie interessante deel van ons mooie land."

Calvinia, Noord-Kaap

African Dawn B&B

"Pragtige skoon dorp met vriendelike inwoners, gerieflike B&B en besonderse eetplekke. "

Blad
Blad 243 - Wys 7261 tot 7290
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang