Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35608 reviews.
"Langebaan is 'n pragtige vakansiebestemming wat baie vir toeriste bied en daar is ook baie om te sien en te doen in die omgewing."
"Skokkend dat die dorpie so vuil en verwaarloos is. Gelukkig moes ons net deur die dorpie ry om by die pragtige Elgindam te kom. "
"Goed gesitueer. Naby al die mooi besienswaardighede. Maak net seker dat jou reisplan beplan word dat jy nie in spitsverkeer ry nie, alhoewel, ek moet sê Kaapstad se bestuurders is nogal geduldig. Ek het natuurlik die "kite surfing" op Blouberg baie geniet. Ons was bevoorreg om meer as 100 van hulle op die strand te sien beweeg. Maak seker Blouberg is op jou reisagenda."
"Carlitzdorp se mense is vriendelik en hulpvaardig, maar daar is geen eetplek wat bietjie laat oop is nie en geen ordentlike plek soos 'n Shoprite of Spar om dan iets eetbaars te koop nie. So as jy oorbly, vat iets saam om te braai of te maak in by jou verblyf."
"Pragtige plekkie met die mooiste see en strand. Geniet die winkeltjies en snuisterye!"
"Velddrif is redelik interessant met die Vissery Museum, asook Bokkomlaan met die bootritte, Dit is ook naby ander Weskus-aantreklikhede. Goeie eetplekke."