Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 35608 reviews.
"My eerste besoek, maar definitief nie my laaste nie - om elke hoek en draai wag 'n skat om onthul te word soos die pastaplekkie op die hoek."
"Die plekke om te sien is beeldskoon en hemels en die natuurskoon en gastehuise is baie mooi."
"Dis 'n baie stil en vriendelike dorpie. As jy lus is vir wegbreek en net ontspan, is dit die area waarheen jy moet gaan. "
"'n Juweel. Moenie verby ry nie. Stop en gesels met die mense, jy sal nie spyt wees nie. "
"The lamb chops at 4 Sheep were not great. Lovely Karoo town but the waitress was very good."
"Paternoster is duidelik 'n plek vir buitelanders met ponde en euros. Alhoewel die verblyf nie buitensporig duur was nie, was restaurante vreeslik duur en die keuses baie basies. Blikkie Pizzeria waar ons toe uiteindelik geëet het se pryse was meer realisties met 'n pragtige uitsig, die kos was lekker en personeel vriendelik. Maak seker om alle kosse te koop voor Paternoster - net 1 klein winkeltjie met basiese. Vredenburg het nie 'n Woolles nie."
"Dit is altyd lekker daar. Die weer is goed en daar is soveel om te doen en te sien en 'n mens kan kies en keur uit die verskeidenheid restaurante."
"Glencairn is in 'n pragtige omgewing met die mooiste uitsig oor die baai. Dit is baie naby Simonstad, Boulders, Fishoek en ander klein dorpies wat 'n besoek werd is. Dit is ook nie ver van Kaapstad af nie so dis 'n goeie plek om in te bly."
"Was aangenaam verras met die Blue Route Mall. Dis nie so besig nie en ons sal weer soontoe gaan om meer plekke te besoek."
"Sal weer gaan. Groot bewondering vir 'n dorp en 'n gemeenskap wat soveel doen vir hul eie oorlewing. Mag die droogte gou iets van die verlede wees!"
"Daar is maar net een Keurboomstrand - ons gunstelingplek langs die Suid-Afrikaanse kus."
"Langebaan is 'n pragtige vakansiebestemming wat baie vir toeriste bied en daar is ook baie om te sien en te doen in die omgewing."