Geverifieerde Resensie

Upper Karoo

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Upper Karoo bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 2330 resensies.

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

Furrows Lodge

"Dit is 'n lieflike dorpie en die plaaslike gemeenskap laat besoekers voel asof hulle al jarelange vriende is."

Victoria-Wes, Bo-Karoo

The Hudson Guesthouse & Suites

"Beslis die moeite werd om daar te stop en om 'n bietjie deur die dorp te loop."

Richmond, Bo-Karoo

Karoo Manor Guest House and Restaurant

"Very little to do on actual town. Overnight stop between Jhb and Cape Town perfect."

Victoria-Wes, Bo-Karoo

Marseilles Farm Guest House

"Die N12 is 'n stil roete en Victoria-Wes het 'n spesiale klein dorpie bekoring."

Bo-Karoo

Kolkop Safari

"Pragtig (net droog en warm!). Mokala Park is 'n lushof met al die baie verskillende bok-spesies. Ons het die paar dae baie geniet."

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

Furrows Lodge

"Betowerende plekkie - jammer van die lastige bedelaars op straat."

Vosburg, Bo-Karoo

Elvee Accommodation

"'n Stil, rustige en skoon dorpie. Gestap en fietsgery in stil, boomryke strate. Heerlik kondensmelk koffie geniet en gesels by Erika se koffiewinkel en lekker ontbyt by Die Ketel. Absoluut die moeite werd om te besoek!"

Vosburg, Bo-Karoo

Elvee Accommodation

"Veilige, stil dorp!"

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

Country Cottages

"Die moeite werd om te besoek."

Britstown, Bo-Karoo

Mirage Toeriste Kamers

"Klein, maar vriendelike dorp."

Victoria-Wes, Bo-Karoo

Merino Junction

"Pragtige Karoo-dorp."

Victoria-Wes, Bo-Karoo

Moonlight Manor

"Ons was op 'n maandeinde en naweek daar. Saterdagmiddag na sluitingstyd was die sypaadjies vol leë kartonne, bottels en plastieksakke. Die munisipaliteit kan gerus 2 persone in diens neem om vanaf 1 uur net deur die hoofstraat te stap en gou die vullis op te tel en die dorp skoon te maak soos wat ons al ervaar het op ander kleiner dorpies in die platteland. Dis so 'n mooi dorpie met ryk geskiedenis wat deur baie wêreldreisigers besoek word en verdien om altyd skoon te wees."

Britstown, Bo-Karoo

Rosedale Guest Cottage

"Ons het Transkaroo se buffet baie geniet. "

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

Meerkat

"Plaas, vriendelike mense. Kunstige atmosfeer."

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

Furrows Lodge

"Nieu Bethesda is in sy eie klas en kan nie vergelyk word met ander toeristedorpe nie. Dis vir mense wat afgesonder wil wees. Dis baie stil en rustig."

Vanderkloof, Bo-Karoo

Rhino Manor

"Is mal oor die dorpie, was nog net 2 keer in hom en hy het al klaar my hart gesteel."

Vanderkloof, Bo-Karoo

Rhino Manor

"Rus en vrede en veilige omgewing."

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

And The Cow Jumped Over The Moon...

"Daar heers 'n ongelooflike rustige atmosfeer, maar daar sal moet aandag gegee word aan kliëntediens, asook van die plekke wat baie verwaarloos en onnet is. The Tower restaurant sal ek definitief aanbeveel, dit was die enigste restaurant waar ons vriendelike diens ontvang het en die plek was uiters netjies en versorg."

De Aar, Bo-Karoo

Oppiplot

"Rustige, skoon dorp. Paaie in goeie toestand. "

Victoria-Wes, Bo-Karoo

De Oude Pastorie Gastehuis

"Slaperige, rustige Karoo dorpie, maar bankgeriewe was beskikbaar en ek kon lekker vleis koop."

Victoria-Wes, Bo-Karoo

Karoo Koelte Accommodation

"Baie oulike dorpie met ongelooflike karakter. Moenie die dorpie misry nie."

Britstown, Bo-Karoo

Nietgedacht Farm Stay

"Have coffee in the hotel. It is there since 1902 and worth a visit."

Richmond, Bo-Karoo

Anra Rusgenot

"Richmond is my voorkeurplek om oor te bly wanneer ek tussen Kaapstad en Gauteng of KwaZulu-Natal onderweg is. Ek geniet die rustigheid en stilte, maar dit is soms moelik om saans 'n eetplek te vind."

Richmond, Bo-Karoo

Be Blessed Selfcatering

"I’ve been to Richmond more than a dozen times in the past 9 years. A total gem - especially for book and art lovers. Food is good and great shopping at Vetmuis. Stay at least one night and don’t rush through. "

Richmond, Bo-Karoo

Karoo Manor Guest House and Restaurant

"A fantastic Book Fair. All credit to the organisers."

Hanover, Bo-Karoo

3 Darling Street Guest House

"Lieflike klein dorpie waar die tyd gaan stil staan het."

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

Outsiders B&B

"Nieu-Bethesda is 'n belewenis en die eenvoud en onopgesmuktheid van hierdie dorpie en die warmte van die mense sal my altyd bybly. Hier leer mens weer dat die gejaagdheid van die lewe en die glitz en glamour van die stad nie mens se siel kan raak soos die stilte en vrede van Nieu-Bethesda nie. Ek hoop nie dat hulle ooit die dorpie wil ontwikkel nie, want dis perfek in sy grondstraatjies soos dit is. "

Blad
Blad 55 - Wys 1621 tot 1650
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang