Geverifieerde Resensie

Upper Karoo

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Upper Karoo bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 2339 resensies.

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

Country Cottages

"Om die oujaar in Nieu-Bethesda af te sluit, is 'n onvergeetlike ondervinding wat elkeen aan hom-/haarself verskuldig is."

Richmond, Bo-Karoo

Karoo Manor Guest House and Restaurant

"Baie mooi dorpie met baie potensiaal as 'n toeristebestemming. Die dorp is baie vervalle en baie vuil en ons glo dat dit maklik deur die gemeenskap netjies en skoon gehou kan word. Ek dink die gemeenskap daar moet meer bewus gemaak word dat hulle kan baat daarby en van die potensiaal van die dorp bewus gemaak moet word. Daar is pragtige ou geboue daar met tonne geskiedenis en moet bewaar word vir die toekoms. Verblyf was goed daar maar ons was werklik teleurgesteld in hoe die plek verwaarloos word en vuil is Richmond is 'n juweel vir toerisme, maar daar sal drasties iets gedoen moet word omtrent die verwaarlosing van alles daar en die vuilheid rommel strooiing en paaie wat uiters swak is, tuine wat nie onderhou word nie en net agteruitgang van 'n pragtige ou dorp!"

Britstown, Bo-Karoo

Sweetfontein Boutique Farm Lodge

"Sal nie in Britstown self gaan bly nie, veral as jy op 'n plek soos Sweetfontein kan bly."

Murraysburg, Bo-Karoo

Freek's Cottage Farm Stay

"Nie wel bekende area nie, nie iets gewees wat ons aandag getrek het om te gaan besoek in die area nie."

Victoria-Wes, Bo-Karoo

Rest-A-While

"Moet miskien daar regtig stop en kyk, maar vir 40 jaar ry ons altyd deur en is die eerste keer wat ons daar slaap."

Drie Susters, Bo-Karoo

Travalia Guest Farm

"Die Karoo het nie woorde nodig nie. Die Karoo spreek vanself. "

Richmond, Bo-Karoo

Ka Ma Lodge

"Halfweg stop na en vanaf Kaap."

Richmond, Bo-Karoo

Karoo Manor Guest House and Restaurant

"Puik! Meer mense moet dit op hul lysie sit van plekke om te besoek!"

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

And The Cow Jumped Over The Moon...

"Plekname kort verf om bemarking te bevorder."

Richmond, Bo-Karoo

Three Birds Country House

"Rustige dorpie. Passop vir die spoedlokval in die 80km sone."

Victoria-Wes, Bo-Karoo

De Oude Pastorie Gastehuis

"Interessante ou Karoodorp!"

Richmond, Bo-Karoo

Three Birds Country House

"An absolute gem ,totally unexpected, will definitely be back."

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

Country Cottages

"Lekker klein dorpie met vriendelike mense en stories. Die sterrekyk kan mens vir niks verruil nie"

Drie Susters, Bo-Karoo

Travalia Guest Farm

"Die rustigheid daar is aanvoelbaar en word dit nie verniet 'n gaste plaas genoem nie. "

Victoria-Wes, Bo-Karoo

Moonlight Manor

"Netjiese en skoon dorp."

Victoria-Wes, Bo-Karoo

Moonlight Manor

"Victoria-Wes is 'n charming klein dorpie met veel te sien - die kerk wat Kersmusiek gespeel het in die oggend en aand was 'n hoogtepunt om ons in die vakansieluim te kry. Die Anglikaanse kerk het 'n mooi storie agter hulle loodglas vensters en die Apollo Teater se art deco styl kan net bewonder word. Daar is ook staproetes in die reservaat. En natuurlik 'n lekker restaurant vir die wat honger is en nie wil kook nie! "

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

Doornberg Guest Farm

"Wow! Ongelooflike ervaring gewees om Nieu-Bethesda te besoek! Uil-Huis was 'n hoogte punt, maar al die ander plekke was net so lekker. Die bier brouery was dit heerlik onder die bome!"

De Aar, Bo-Karoo

Karoo Fountain Luxury Guesthouse

" Net die Checkers was vir my bietjie erg omrede hulle kos nie vir ons so vars was nie en nie so skoon en netjies nie. Verder was dit lekker."

Britstown, Bo-Karoo

Rooidam Cottages

"Eg Karoo, maar doen jou laaste inkopies in De Aar voor die tyd. Pasop om nie 'n pap band in die geweste te kry. Kos by Transkaroo hotel is soos altyd puik."

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

And The Cow Jumped Over The Moon...

"Daar is geen vulstasie of teller, dus maak seker voertuig het vol tenk brandstof en genoeg kontant in die beursie."

Richmond, Bo-Karoo

Three Birds Country House

"So mooi om te sien hoe die platteland ontwikkel! Baie dankie!"

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

Country Cottages

"Selfoonseine is nie goed nie. Dit sal ook help indien meer plekke van 'n kaartstelsel gebruik maak om rekeninge te betaal aangesien nie baie mense meer groot bedrae geld saamdra nie."

Victoria-Wes, Bo-Karoo

Moonlight Manor

"I rate it as excellent but only because we stayed at Moonlight Manor. All the shops were closed when we got there, so it made it a little bit uncomfortable."

Victoria-Wes, Bo-Karoo

Kingwill's Guest House

"Nie veel van Victoria West gesien nie. Straat op pad na gastehuis lyk bietjie neerslagtig, maar die gastehuis 'n gawe verassing. Sal moeite doen om weer daar oor te bly."

Victoria-Wes, Bo-Karoo

De Oude Scholen

"Baie mooi plek en puik diens."

Blad
Blad 64 - Wys 1891 tot 1920
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang