Geverifieerde Resensie
Clarens
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Clarens bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 3007 resensies.
"Clarens is pragtig geleë. Die dorp het ongelukkig baie besig geword, maar dis steeds heerlik om tyd daar te spandeer. Daar is oulike winkels en restaurante."
"Was die hoogtepunt van die vakansie. Sal vir seker weer daar draai maak."
"Dankie Johan en Madeleine vir jul gasvryheid en puik akkommodasie en dat ons hondekind toegelaat is."
"Clarens is lieflik! Die dorpie was baie stil a.g.v. Covid-beperkings, maar daar is meer te sien en te doen as waarvoor ons tyd gehad het."
"Pragtig en mooi dorp. Baie om te sien en te proe. Lekker naby, jy parkeer en loop. Alles bymekaar."
"Ons het 2 restaurante besoek. Baie lekker kos vir goeie prys. Interessante winkels. Kon ongelukkig nie bier en whisky proe weens Covid grendeltyd."
"'n Dorp wat almal moet besoek en 'n paar dae daar spandeer."
"Steeds pragtig. Hoop al die winkels kan Covid deurstaan. Dis maar hartseer om te sien hoe min mense daar is."
"Not an ideal time to visit as lots of shops and restaurants are closed due to Covid, but still a quaint town to visit."
"As dit bietjie goedkoper was, sou mens dalk meer gereeld so naweek kan beplan."
"Die dorp is skoon en die mense is vriendelik. Ideaal vir wegbreek van die besige stadslewe."
"Die plek wat aan almal se smaak sal voldoen in 'n rustige vakansie-atmosfeer met ongeskonde natuurtonele."
"Ek gaan vir die berge, die vars lug en die atmosfeer. Dis heerlik om die berge om elke hoek en draai te sien wanneer jy deur die winkels snuffel of 'n ete by een van die baie restaurante geniet, of sommer net wanneer jy jou oë oopmaak in die oggend."