Geverifieerde Resensie
Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 4924 resensies.
"Sal enige tyd weer Tafelberg besoek. So baie om te doen in Kaapstad. Tyd was net bietjie min."
"Ek het vir jare in Bellville gebly, so ek ken die omgewing en sal altyd die Kaap geniet en die berg maak een se besoek die moeite werd."
"Kaapstad is 'n baie lekker plek vir klomp goed doen soos kajak, surf, perdry ens. Kaapstad is 'n moet vir "foodies"."
"Daar is baie verkeer in Kaapstad self en vreeslik baie oorsese toeriste. Maar die Kaap is een van die mooiste bestemmings waar ons nog ooit was. Daar is baie om te doen en sien."
"Natuurlik bakgat - daar is net 1 Kaapstad en omgewing, wandelpaaie volop en pragtig!"
"Daar is so baie om te sien en te doen in Kaapstad, selfs op 'n lae begroting. Ons sal definitief weer binnekort moet gaan kuier, hopelik bietjie langer die keer."
"Was wonderlike ervaring, Kaap is pragtig! Sal weer wil kom! Baie dankie vir wonderlike tyd!"
"Fantastiese natuurskoon, goeie kos en wyn! Een ster minder want die wind waai jou deurmekaar en die see is vrek koud!"