Verified Reviews
Klein Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Klein Karoo
Rated 4.6 out of 5 based on 1849 reviews.
"Interessante plek. Baie mooi omgewing - die bergpasse en landskap is van die beste in Suid Afrika."
"Daar is so baie dinge om en in Oudtshoorn om te doen waarvan ons nie eers geweet het tot ons daar gekom het en ander mense ons van vertel het nie. Oudtshoorn is regtig een van daardie plekke waar oud en jonk vermaak kan word."
"Montagu is 'n pragtige dorp om in vakansie te hou en daar is baie te sien en doen in die dorp en omgewing. Ons sal beslis terugkom."
"Was vir ons heerlik om in so ouwêreldse dorpie te stap en te kuier! Oulike restaurante en vriendelike mense!"
"Aangesien my man daar groot geword het, ervaar ons dit ongelukkig nie heeltamal as n toerismebestemming nie - kom kuier gewoonlik by die familie. Maar op die oog af, is daar heelwat om te doen uit n toerisme-oogpunt - Om Oppidam alleen is daar genoeg doen-dinge vir 'n hele naweek!"
"We have had some very surprising and amazing visits in the Karoo. Stars at night are fantastic. And so much more."
"Die dorp verdien 'n bietjie aandag en ek hoop dat die huidige munisipaliteit werk hiervan sal maak."
"Montagu is 'n baie rustige dorp. Daar is baie plekke naby om te besoek en dinge om te doen."
"Montagu is 'n pragtige dorpie. Heerlike restaurant, padstalle en koffiehuise om van te kies en te keur. Net 5 minute buite Montagu is 'n "animal sanctuary" wat lieflik is vir kinders. Saterdagoggend se markie op die dorp moet jy ook nie mis nie!"
"Die beste, fantastiese dorp in die hele land. Asook die skoonste met besienswaardighede om jou die hele jaar besig te hou tussen die berge en by die see."
"Dit is ons eerste keer in Montagu en kan nie wag om terug te kom vir 'n langer periode nie!"
"Oudtshoorn is verbasend baie goed ingerig as toerismebestemming. Was baie jare gelede daar; met ons onlangse besoek was ek baie in my noppies met Oudtshoorn. Sal ons beslis weer sien, nie net vir die KKNK nie maar sommer vir 'n oorbly of selfs langer vakansie."
"Ons het meer net oornag en was glad nie in die dorp De Rust nie. Nie werklik die onmiddellike toerisme gaan verneem nie. Volgende keer! "
"Die nuwe 'beach pool' by die Guano Caves net buite Montagu was net so groot teffer by ons kinders. Pragtige skoon swembad met hele paar 'slides' en tot 'n platform vir brawes om af te spring en area langs die swembad om uit te span."
"Baie plekke om te besoek nie ver uitmekaar uit nie. Krokodilplaas was baie pret."
"Oudtshoorn is definitief 'n dorp wat baie verskillende aantrekkingspunte het. Ek het by 'n baie goeie restaurant "Black Swan" geëet en dit regtig geniet. Diens en disse was baie goed. Sal definitief in die toekoms my kliënte daarna neem, maar sal definitief vir beter akkommodasie soek."