Verified Reviews
Escape From Durban
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escape From Durban
Rated 4.4 out of 5 based on 4042 reviews.
"Ons was net by die winkels vir kos en verder by die woonstel, so ek kan nie iets sê van toerismebestemming nie."
"Dis 'n pragtige omgewing en inwoners is baie vriendelik. Baie en goeie restaurante. Ietwat min kruidenierswinkels en die verskeidenheid is nie baie groot nie."
"Pragtige plek met oop strande en pragtige natuur. Sien klaar uit na ons volgende wegbreek soontoe."
Southbroom, Escape From Durban
3 Lagoon Getaways"Mooi en skoon strande. Pragtige natuurskoon. Veilige areas."
"Baie vriendelike en eerlike mensies, veral by Da Laundry. Lekker plekkie om vakansie te hou."
Pennington, Escape From Durban
Grace on Minerva"There are lovely beaches, golf courses, restaurants and a number of attractions in close proximity, to make for an enjoyable stay."
"Die kuslyn/strand is baie vol rommel na beide kante toe vanaf die hoofstrand, veral as gevolg van verlede jaar se vloed. By die twee swemareas was die kuslyn skoner, alhoewel die seewater by swemareas was sommige dae baie vuil met van die rommel wat terugspoel en weer uitspoel. Die seewater was nie so baie higiënies nie, van ons gesin het erg siek geword. Die wandelpaadjie was 'n groot pluspunt, ons kon lekker stap en het die roete elke dag baie geniet. Die restaurante by Umhlanga Sands vir die publiek is baie gerieflik en ons het dit gereeld benut. Die Oceans en Pearls Mall was ons gunsteling inkopiesentrums."
"Ballito altyd 'n gunsteling met baie goeie restaurante, skoon strande, veilig."
"St. Lucia is 'n pragtige plek - ek is jammer die krag is baie keer 'n probleem. Wat glad nie St. Lucia se fout is nie. Maar met ons bederfde samelewing kan dit toerisme vir St. Lucia kos. Dit bly een van die mooiste plekke is ons land veral Cape Vidal."
South Coast, Escape From Durban
Ocean View Cabana"Die suidkus het altyd vreeslik baie om te offer vir gesinne met kinders. Daar is tot aktiwiteite wat tieners sal pas!"
Richards Bay, Escape From Durban
Chantelle's Guest Room"Baie lekker plek, sal weer Richardsbaai besoek."
"It was surprisingly quiet for an Easter weekend, no queues and very clean. Would definitely go back."
"Die dorp self het baie agteruitgegaan. Party geboue is vervalle! Lucien-strand is pragtig, net jammer van die vuil "lagoon" water waadeur jy moet stap."
"Cape Vidal by St. Lucia is een van die heel mooiste dele in ons land! Wildrit op pad strand toe, snorkel tussen skole visse en swem in warm water. Definitief 'n topbestemming in Suid-Afrika!"