Verified Reviews
Escape From Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escape From Cape Town
Rated 4.6 out of 5 based on 16426 reviews.
Hermanus, Escape From Cape Town
Strandloper Self Catering Units"Sal daarvan hou as meer restaurante in die Onrus area ook seekos doen en deur die dag oop is sodat jy nie nodig het om elke dag in te reis na die dorp van Hermanus nie."
Swellendam, Escape From Cape Town
Aan de Oever Guest House"The hiking trails in the Nature Reserves are wonderful. Wish we could have stayed longer."
Bredasdorp, Escape From Cape Town
Ou Werf"Bredasdorp is so naby aan die Kaap, en die reis soontoe is pragtig tussen die plase en graanlande. En dan is dit baie naby aan Struisbaai en Agulhas vir dag-uitstappies."
Paternoster, Escape From Cape Town
Soli Deo Gloria - Penthouse"Maak seker jy gaan eet by die vele restaurante - van die beste in Suid-Afrika!"
Klapmuts, Escape From Cape Town
Groendraai Accommodation"Heerlike omgewing van rustigheid weg van die gewoel van die groot plekke. Het werklik rus vir ons siel daar ontvang."
Mykonos, Escape From Cape Town
Club Mykonos Resort Langebaan"Kan lekker wees vir gesinne met kinders."
L'Agulhas, Escape From Cape Town
Cape Agulhas Guest House"For peace and quiet and of course being at the Southern most tip of Africa, plus where the two oceans meet, L'Agulhas is perfect."
Jacobs Bay, Escape From Cape Town
Abalone Guest House"Ek hou van die wit huisies met die swart dakke. Dit is uniek aan die Weskus. Hou dit so."
Paternoster, Escape From Cape Town
Sea Shack"Paternoster is 'n plekkie waar mens nie veel winkels moet verwag nie. Hul kan net gerus ook op Sondae en Maandae oop wees. Dit lyk of die dorp Sondagmiddag toemaak, en eers ontwaak op 'n Dinsdag oggend! Ons het ongelukkig Sondag middag 3 uur daar aangekom, en Dinsdag oggend weer moes ry. Ons het direk van die lughawe daar aangekom, en was nie voorbereid dat daar niks oop sal wees nie. Buiten dit, pragtige dorpie!"
Langebaan, Escape From Cape Town
Flamingo Park A2"Stil, rustige vakansie. Eetplekke heerlik. As 'n geheel baie lekker."
Franskraal, Escape From Cape Town
Perriwinkle Self-catering Accommodation"Rustige dorpie met mooi skoon strande en naby geleë aan die dorp Gansbaai."
Kleinbaai, Escape From Cape Town
Great White Accommodation"Heerlik rustig en naby aan Frankraal/Stanford en Hermanus."
Swellendam, Escape From Cape Town
Elianthe's Guest House"Was verras deur wat die dorpie alles bied. Kwaliteit lewenstyl. Asemrowende omgewing."
Jacobs Bay, Escape From Cape Town
Weskushuis"Jacobsbaai het baie gegroei die afgelope 20 jaar, en bly een van die mees private kusdorpies in die omgewing. Ek sien dit bou steeds dat dit klap en groei sterk."
Worcester, Escape From Cape Town
Linge Longa"Ongelooflike mooi omgewing en ideale wyntoerisme bestemming."
Barrydale, Escape From Cape Town
Karoo Art Hotel"Dis 'n plek waar 'n mens meer as een dag benodig om alles te kan sien en beleef."
Jacobs Bay, Escape From Cape Town
A Whispering Whale"'n Dorpie weg van die alledaagse werk- en woonplek. Die uitleg en die huise van Jacobsbaai maak dit 'n besonderse bestemming. Hoop dit bly so sonder winkels en verkeer."
Citrusdal, Escape From Cape Town
Aan d' Oewer Bed & Breakfast"Tradisionele kontrei maandeinde wat gepaard gaan met met sy eie uitdagings, maar die omgewing is puik."
Greyton, Escape From Cape Town
Greyton Lodge"Die karakter van die dorpie is uniek en word goed beheer deur die hoofstraat en geboue oor die algemeen eenvoudig, gerestoureer en mooi versorg. Lekker restaurant, doen dinge en interessante besighede. Heerlik om stappies en en buite dorp te doen."
Tulbagh, Escape From Cape Town
Bergsicht Country Cottages - Lady Red"Ons het amper die winkels agter Paddagang gemis en het gedink die hoofstraat met Kafees was dít! Gelukkig het iemand ons verwys na die ander plekkies. Dalk kan dit duideliker aangedui word. "
Barrydale, Escape From Cape Town
The Blue Cow Barn – Boutique Farm Accommodation"Barrydale is 'n pragtige dorpie en 'n fotograaf se droom. Die dorpie is vol pragtige huisies met yslike agterplase, elk met 'n stukkie boord of wingerd. Op die Route 62 is restaurante om van te kies en te keur. Dit voel kompleet of ons in 'n ander land was."
Clanwilliam, Escape From Cape Town
Kleinfontein"Is 'n mooi plattelandse dorp met alles wat jy wil hê. "