Resensies van Garden Route

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.67 uit 5 gekry volgens 8623 resensies.
Juanita S. - 15th August 2018
staying in Sentraal Mosselbaai, Tuinroete
Rustige omgewing en baie netjies.
Bernard T. - 15th August 2018
staying in Hartenbos, Tuinroete
Baie verskillend vanwaar ek vandaan kom. Rustig, alles is naby en beslis 'n plek om na terug te keer.
Dean B. - 15th August 2018
staying in Mosselbaai, Tuinroete
It's a very nice location to getaway.
Kobus L. - 14th August 2018
staying in Hartenbos, Tuinroete
In die winter is daar nie veel om in Hartenbos te doen nie, veral met klein kindertjies. Maar Hartenbos is 'n fantastiese vakansiedorpie, veral in die somer.
Yvonne M. - 14th August 2018
staying in Jongensfontein, Tuinroete
Pragtige plek, so naby aan Stilbaai en naby aan die N2.
Andre V. - 14th August 2018
staying in Knysna SSB, Tuinroete
Bly maar een van ons gunsteling vakansieplekke en so baie om te sien en te verken.
Natasha V. - 14th August 2018
staying in George, Tuinroete
Dis 'n baie lekker vakansiedorp, sal volgende keer langer wil vertoef.
Priscilla M. - 14th August 2018
staying in Hartenbos, Tuinroete
I am looking forward to go back again. It has all the travellers attractions.
Rigardt G. - 14th August 2018
staying in Fernridge, Tuinroete
Witfontein bergfiets- en staproetes is lekker naby en kan 'n mens besig hou vir dae lank. Die botaniese tuine is ook baie mooi, en daar is 'n Park Run elke Saterdag oggend vir die mense wat aktief is.
Jean B. - 13th August 2018
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Pragtige plek met lieflike mense en baie om te sien en doen. Besoekers-vriendelik.
Milka E. - 13th August 2018
staying in Mosselbaai, Tuinroete
Die strate is baie nou en parkering min.
Nelda V. - 13th August 2018
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Altyd lekker om in Oudtshoorn te kuier. Heerlike hoogstaande gehalte restaurant en bestemmings.
Marlene V. - 13th August 2018
staying in Heatherlands, Tuinroete
Beautiful;!
Marius W. - 13th August 2018
staying in Die Crags, Tuinroete
Baie om te doen.
Ronel B. - 13th August 2018
staying in Voorbaai, Tuinroete
Skoon, netjies en veilig.
Janine E. - 13th August 2018
staying in Witsand, Tuinroete
Baie mooi, skoon en kon tonne walvisse sien!
Louis D. - 13th August 2018
staying in Oudtshoorn, Tuinroete
Dis sekerlik een van die mees besoekte areas as toeristebestemming. Dis egter jammer dat alles so duur moet wees. Ek voel dat so 'n pragtige bestemming nie regtig meer vir ons Suid-Afrikaners so maklik besoekbaar is nie.
Evan D. - 13th August 2018
staying in Stilbaai-Wes, Tuinroete
Dis my grootword wêreld vir elke vakansie gewees en is steeds lekker!
Chantell B. - 13th August 2018
staying in Voorbaai, Tuinroete
Die ligging is 'n groot bonus omdat dit in die middel van Hartenbos en Mosselbaai is. Fit is ook stapafstand van 'n onderdak warmwater swembad vir die onweersdae, en daar is winkeltjies and baie speelplek vir kinders.
Tony P. - 13th August 2018
staying in Vyf Brakke Fonteinen, Tuinroete
Uitstekend.
Engela S. - 13th August 2018
staying in Hartenbos, Tuinroete
Pragtige plek om vakansie te hou.
Tinus V. - 13th August 2018
staying in Witsand, Tuinroete
Witsand, in my opinie, is 'n ongeslypte diamant. Die area se walvistelling is elke jaar hoër as Hermanus, en hulle spog as die 'whale nursery' van die kuslyn. Ons het dit inderdaad so beleef. Dis 'n klein kusdorpie, met 2 winkels, 'n klein kerkie, 2 restaurante teen die strand en vakansiehuise. Dit is verseker pretensieloos aan die ou kant, maar soos by meeste plekke is dit effens bederf met 'n nuwe landgoed ontwikkeling by die ingang van die dorp. Uit 'n ontwerpsoogpunt voel die dorpie effens perongeluk. Daar is min in die lyn van bakens, of enigiets wat as leidraad dien om jouself te oriënteer. In hierdie geval dink ek Witsand het potensiaal om 'n bestemmingsdorpie te word met egte bekoorlikheid. Witsand se mense, aan die ander kant, is baie vriendelik en aangenaam, en trots op hulle dorpie. Ons sal verseker teruggaan.
Elaine W. - 13th August 2018
staying in Jongensfontein, Tuinroete
Asemrowende plekkie om weg te kom en net te rus.
Hester B. - 13th August 2018
staying in Hartenbos, Tuinroete
Pragtige plek.
Hanli V. - 13th August 2018
staying in The Island, Tuinroete
Salige, stadige ontspanplek.
Zaid S. - 13th August 2018
staying in Hartenbos, Tuinroete
Lekker plek.
Anita B. - 12th August 2018
staying in Wildernis, Tuinroete
Great area om te ontspan.
George T. - 12th August 2018
staying in Heatherlands, Tuinroete
Baie sentraal om vinnig by ander plekke uit te kom.
Tina S. - 12th August 2018
staying in Mosselbaai, Tuinroete
Vriendelike mense, baie veilig gevoel.
Bernadette G. - 12th August 2018
staying in Keurboomstrand, Tuinroete
Ons het altyd net verby gery. Sal nie weer daai fout maak nie.
Nd S. - 11th August 2018
staying in Stilbaai-Wes, Tuinroete
Pragtige plekkie.
Izick L. - 11th August 2018
staying in Knysna SSB, Tuinroete
Netjies, skool dorp, vriendelike mense.
Felix S. - 11th August 2018
staying in Witsand, Tuinroete
Oulike, rustige plekkie langs die kus. Maar, mis 'n bietjie "magic" van ander kusdorpies soos Stilbaai of Arniston.
Mario V. - 10th August 2018
staying in Heroldsbaai, Tuinroete
'n Baie rustige en veilige plek en veral die skoonheid is oplettend. Die uitstekende instandhouding van die omgewing het ek lanklaas teëgekom in hoeveel waarde word daar nog aangeheg, mooi so!
Leandra G. - 9th August 2018
staying in Hartenbos, Tuinroete
Baie aktiwiteite vir kinders in die omliggende areas en Hartenbos self.
Evelyn A. - 9th August 2018
staying in Stilbaai-Oos, Tuinroete
Baie mooi, lekker en rustig.
Hulda V. - 9th August 2018
staying in Heatherlands, Tuinroete
Baie netjiese, stil area. Maklike toegang tot hoofroetes. Lekker plek vir stap en draf.
Gerrit H. - 8th August 2018
staying in Mosselbaai, Tuinroete
Pinnacle Point gholfbaan was 'n hoogtepunt. Nie gespeel nie, maar asemrowend mooi.
Franklin F. - 6th August 2018
staying in Denvar Park, Tuinroete
Snags is daar blawwende honde wat jou slaap versteur.
Fiona G. - 6th August 2018
staying in Joubertina, Tuinroete
Heerlike ete geniet by Joub's.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za