Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35225 resensies.
"Prince Albert is 'n mooi plattelandse dorpie wat goed bestuur word en 'n gemeenskap het wat baie betrokke is. 'n Verrassing by die kaasfabriek op die punt van die dorp was uitstekende boerewors!"
"Pragtige dorpie met nodigste winkels. Moenie te veel uitbrei nie. Hou van hoe dit tans is."
"De Rust se potensiaal is nog by verre nie ontwikkel as toerisme bestemming nie. Dis 'n beeldskone dorpie met hope karakter en stories."
"Dis regtigwaar 'n pragtige plekkie vir enigiemand om net 'n bietjie weg te breek op 'n vakansie."
"Was heerlik verras met al die winkeltjies en diens van restaurant tot PnP. Alles was pynlik netjies op die rakke. Troue by De Vlok was pragtig. Pragtige kerk!"
"Ons het nou juis in Bellville kom bly omrede dit sentraal is met meeste besighede wat mens sal benodig. Bellville is 'n baie goeie area vir toeriste."
"Was my eerste keer om daar te bly en het dit geniet. Familie bly in en om Gordonsbaai en Strand wat dit sentraal gemaak het."
"Yzerfontein is pragtig geleë met die mooiste strande en see. Die wilde diere soos volstruise, klein bokkies en skilpaaie loop rustig in die woonbuurt rond. Die plek is netjies en het beslis 'n indruk op ons gemaak."
"Clanwilliam is 'n pragtige plek met interessante besienswaardighede - die dam was pragtig om te sien met redelike hoeveelheid water in en die blomme natuurlik 'n bonus."
"Prettig om op 'n bankie te sit en al die aktiwiteite en honde op die gras by die promenade te aanskou."
"Dit is 'n pragtige Weskusdorpie, sal seker altyd wees. Dit raak net amper te besig daar, maar dit bly 'n pragtige dorp en die omgewing is beeldskoon."