Geverifieerde Resensie
Wes-Kaap
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wes-Kaap bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 44462 resensies.
"Baie mooi kusdorp. Die tipe plek waarby elke mens gerus ten minste een keer moet bly. Baie naby aan George. So stil en rustig."
Longacres Country Landgoed, Wes-Kaap
Long Acres Bahamas Accommodation"Good area with huge potential for further development, expansion and some up-market/high-end amenities and facilities."
"Always my place to relax and explore the shops. Love to drive pass all the vineyards."
"Die inwoners, eetplekke en atmosfeer is van bostaande gehalte!"
"Klapmuts is sentraal geleë en dus naby Stellenbosch, Franschhoek en die Paarl: dit sluit in verskeie wynplase en ander besienswaardighede. Perfek geleë om enige rigting in te slaan soos dit jou pas - of jy nou see toe ry, of net geskiedkundige monumente wil besoek! Bonuspunt: maak nie saak waar nie - jy sien vir Tafelberg!"
"Yzerfontein is so naby aan Kaapstad dat dit vinnig en maklik is om net 'n lekker wegbreek te hê."
"Lieflike natuurskoon, lieflike besienswaardighede in die omgewing. Sal beslis weer besoek!"
"Sterker teenwoordigheid van polisie en armed response companies, veral by Gaaitjie en hawe se kant met party smouse wat nie nee vir 'n antwoord vat nie en op mekaar vloek."
"Soveel besienswaardighede, so baie om te doen, heerlike weer - week was te kort."
"Die kalmte en rustigheid gee jou weer die geleentheid om tyd te maak vir jouself. Absoluut 'n stimulasie om weer voort te gaan met die lewe."
"Quaint but quiet little town. Arniston (beach) and wine farms within a reasonable driving distance."
"Baie bly oor Spar wat oop was op die Sondag. Die nuwe park vir die gemeenskap was baie lekker. Vir iemand wat nie gereeld oefen nie, sal al die toerusting jou vinnig aanspoor om weg te kom voor die TV."
"Ons het die kuswandelpad gestap. Dit was 'n heerlike uitstappie. Die uitsig is wonderskoon. Kleinmond kan ook die wandelpad beter bemark en veral aandui dat die wandelpad nog ver aangaan vanaf die hawe Kaap se kant toe."
"Dit is die rustigste dorp, met die vriendelikste mense. Mens voel so tuis."