Resensies van Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.57 uit 5 gekry volgens 38941 resensies.
Lynn S. - 9th March 2018
staying in Bredasdorp, Wes-Kaap
Inligtingsburo is fantasties.
Louisa C. - 9th March 2018
staying in Dwarskersbos , Wes-Kaap
Selfs my ouers kon nie uitgepraat raak nie.
Leon O. - 9th March 2018
staying in Danabaai, Wes-Kaap
Pragtige, stil en rustige omgewing.
Ansu E. - 9th March 2018
staying in Lambertsbaai, Wes-Kaap
Daar is uitstekende restaurante en dis 'n rustige kusdorpie waar mens werklik kan rus.
Victor C. - 9th March 2018
staying in Knysna SSB, Wes-Kaap
Roads and pavements are in poor shape.
Helga J. - 8th March 2018
staying in Worcester, Wes-Kaap
Baie om te doen en te leer in die omgewing.
Adri D. - 8th March 2018
staying in Witsand, Wes-Kaap
Witsand is ideaal as mens van die stedelike gewoel wil wegkom. In die omgewing is interessante plekke om te besoek: die pont by Malgas, de Hoop natuurreservaat, Infanta. Heidelberg het pragtige ou geboue en ' Aan de Kanaal' koffiewinkel is 'n moet.
Thulani M. - 8th March 2018
staying in Parklands, Wes-Kaap
It is a cool place.
Irene G. - 8th March 2018
staying in Witsand, Wes-Kaap
Pragtige, rustige dorp met alles wat jy nodig het vir 'n heerlike vakansie.
Etienne Vancompernolle B. - 8th March 2018
staying in Table View, Wes-Kaap
Enig!
Etienne Vancompernolle B. - 8th March 2018
staying in Wellington, Wes-Kaap
Zeer gunstig gelegen om de wijngbieden van de Wes kaap te bezochten. We zullen deze lokatie aanbevelen aan vrienden.
Jan W. - 8th March 2018
staying in Die Boord, Wes-Kaap
Rustig, veilig.
Antoinette M. - 8th March 2018
staying in Noordhoek, Wes-Kaap
Beautiful place and close to Chapmans Peak and Silvermine and other wonderful locations. Monkey Valley is a superb place to visit for a meal. Great pity that the beautiful beach has become unsafe, or so we were told a few times, so avoided it.
Elmine B. - 8th March 2018
staying in Swellendam, Wes-Kaap
Puik, pragtige dorp.
Edward T. - 8th March 2018
staying in Grabouw, Wes-Kaap
Grabouw self is bietjie rof maar naby aan alles. So rondom Grabouw se dorp is daar baie om te doen.
Hannelie W. - 8th March 2018
staying in Century City, Wes-Kaap
Goeie omgewing as mens reis vir besigheid of inkopies.
Annette V. - 8th March 2018
staying in Strand, Wes-Kaap
Dis gerieflik naby Kaapstad, maar nie in die gewoel van die stad. Pragtige uitsigte van Valsbaai met die berg om.
Zylia V. - 8th March 2018
staying in Ceres, Wes-Kaap
Altyd 'n lekker plekkie om te besoek. Vriendelike mense.
Mieke P. - 8th March 2018
staying in Struisbaai, Wes-Kaap
Pragtige rustige plek.
Annamarie N. - 8th March 2018
staying in Robertson, Wes-Kaap
Daar is so baie in die omgewing. Ons was tot by Franschhoek, Bonnievale, Montagu en Worcester. Pampoenstal was 'n belewenis. Dit is opvallend hoe goed die paaie versorg word selfs die grondpaaie. Dorpies is ook skoon en netjies. Sal beslis weer hierdie area wil besoek.
Annamarie N. - 8th March 2018
staying in Voëlklip, Wes-Kaap
Pragtige omgewing. Dit was vir ons lekker dat dit net so 'n entjie uit die besige gedeelte van Hermanus is. Dit is opvallend hoe skoon die dorp is. Sal beslis weer hier wil vakansie hou.
Festus A. - 7th March 2018
staying in Saldanhabaai Munisipaliteit, Wes-Kaap
Wens ons kon in Saldanhabaai verewig gaan bly. Sal graag 'n groot vakansiehuis wil huur vir die Desember vakansie.
Hester L. - 7th March 2018
staying in Stilbaai-Wes, Wes-Kaap
Pragtige, rustige vakansie plek.
Aart D. - 7th March 2018
staying in Bloubergstrand, Wes-Kaap
Een mooie lange strand met de nodige afleiding om lekker tot rus te kan kom.
Jean V. - 7th March 2018
staying in Hartenbos, Wes-Kaap
Baie mooi omgewing. Ons dink alweer aan ons volgende besoek daar. Sal baie graag weer wil gaan as dit enigsins moontlik is.
Anton C. - 7th March 2018
staying in Struisbaai, Wes-Kaap
Lekker restaurante en mooi strande.
Helgaard M. - 7th March 2018
staying in Stellenbosch Sentraal, Wes-Kaap
Parkeerplek is en bly 'n probleem.
Marcelle V. - 7th March 2018
staying in Voëlklip, Wes-Kaap
Al die blyplekke is heerlik naby die see - so mens kan lekker see toe stap as jy in Voëlklip bly!
Elize K. - 7th March 2018
staying in Robertson, Wes-Kaap
Baie mooi deel van Suid-Afrika, tussen die berge en wingerde/boorde. Rustig en kalm.
Marie C. - 7th March 2018
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
Mooi netjiese Karoo dorp aan voet van Swartberge. Dorp en omgewing het interessante historiese en geografiese besoekplekke. Almal die moeite werd om te sien. Gemeenskap kan geloof word vir "omgee vir diere" en instellings soos die Donkey Sanctuary.
Lynette C. - 7th March 2018
staying in Jacobsbaai, Wes-Kaap
Jacobsbaai is nog ongerep en hoop dit bly so. Pragtige kusdorpie.
Marlien G. - 7th March 2018
staying in Paternoster, Wes-Kaap
'n Pragtige vissersdorpie wat die moeite werd is om te besoek.
Alta L. - 7th March 2018
staying in Somerset-Wes, Wes-Kaap
Dis naby die see en baie wynplase om te besoek, ook naby Stellenbosch en Kaapstad.
Marileze M. - 7th March 2018
staying in Edgemead, Wes-Kaap
Baie rustige plek. Die natuur is verskriklik mooi daar. Ek sal weer wil gaan.
Mickey R. - 7th March 2018
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Beautiful people.
Rosina C. - 7th March 2018
staying in Paternoster, Wes-Kaap
A tranquil serene place that can be enjoyed without any disturbances.
Hofmeyer L. - 7th March 2018
staying in Langebaan, Wes-Kaap
Lekker vakansie dorp.
Gregory I. - 7th March 2018
staying in Langebaan, Wes-Kaap
Lieflike, rustige plekie, baie om te doen daar. Thumbs up.
Roma B. - 7th March 2018
staying in Franskraal, Wes-Kaap
Baie rustige area.
Johan B. - 6th March 2018
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Dis lieflik!

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]