Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36612 reviews.
"Baie teleurgestel dat die waterpark toe was (het juis gekom vir die warm swembad). Museum het al 2.30 toegemaak. Ou kerkhof ook toe. Viking Visfabriek ook toe."
"Dorp self is soos baie ander klein dorpies nie gerat vir toerisme nie, maar Klawer het 'n netjiese Engen met 'n skoon Wimpy. Naby goeie kelders en interessante grondpaaie."
"Caledon is 'n rustige dorpie vir 'n lekker kuier of 'n lekker rustige naweek met vriende."
Great Brak River, Western Cape
Ilita Lodge"Ken Groot Brak baie goed. Naby aan Mosselbaai en George maar is lekker rustig en netjies."
"Interessante dorpie. Ongelukkig was baie plekkies toe tydens die paasnaweek."
"Die dorp brei vinnig uit en restaurante is heelwat duurder as bv. St. Helena, maar dit bly steeds lekker in Paternoster."
"Ek het al van die sestigerjare daar gekuier by familie van ons, natuurlik deesdae verval baie plekke en dis net veral die hoofstraat wat vir my baie vuil was met aankoms maar dis in baie groot dorpe en 'n probleem, verder was ons baie gelukkig daar."
"Baie netjiese dorp met historiese plekke. Goeie basis vir omligende dagtoere. Baie gesellige en gasvrye mense."
"Baie onvriendelike mense. Met my eerste besoek aan Robertson stop ons met aankoms by die padstal “Affie Plaas” om 16:45. Ons stap die padstal binne en begin lekker rondkyk en vind dit 'n baie aangename padstal. Die eienaar kom 16:55 na ons toe en vra ons om asb. te gaan betaal want die werkers se vervoer wag vir hulle. Dit was opvallend dat sy vrou die persoon is wat die kassier was. Ons het dit baie onbeskof gesien, want daar was geen werkers betrokke by ons besoek nie."
"Oudtshoorn sal ons weer sien. Twee dae was te min om die dorp en al sy besienswaardighede heeltemal te geniet."