Resensies van Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.57 uit 5 gekry volgens 35315 resensies.
Elizabeth M. - 16th April 2015
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Het die KKNK bygewoon en sal dit weer bywoon volgende jaar, want dit was een groot fees!
Christa D. - 16th April 2015
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Baie WARM.
Susan G. - 16th April 2015
staying in Mosselbaai, Wes-Kaap
Lieflike ligging met goeie, maklike toegang tot vele skoon strande.
Morne N. - 16th April 2015
staying in Yzerfontein, Wes-Kaap
Ons is mal oor Yzerfontein. Dit is 'n stukkie paradys net 'n uur vanaf Kaapstad. Dit is nog nie gekommersialiseer met baie winkels en restaurante nie. 'n Plek om net te rus en te ontspan!
Linda M. - 16th April 2015
staying in Hermanus, Wes-Kaap
Ideale vakansiebestemming, uitstekende restaurante en baie mooi seefront.
Amelia B. - 16th April 2015
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Die KKNK was 'n fees!
Wanda S. - 16th April 2015
staying in Montagu, Wes-Kaap
Ek gaan telkemale terug na Montagu omdat ek elke keer so lekker daar kuier.
Pamela S. - 15th April 2015
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Pragtige bestemming, maar misdaad mag dit in die toekoms belemmer.
Alda W. - 15th April 2015
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Dit is net jammer dat Beaufort se museums oor 'n naweek toe is.
Phillip M. - 15th April 2015
staying in Robertson, Wes-Kaap
Fantastiese plek, vriendelike mense, pragtige natuurskoon en fantastiese restaurante en wynplase in die omtrek.
Andries W. - 15th April 2015
staying in Paternoster, Wes-Kaap
Pragtige vakansiebestemming, mense is vriendelik met asemrowende natuurskoon.
Andries W. - 15th April 2015
staying in Reebok, Wes-Kaap
Verblyftydperk te kort om kommentaar te lewer.
Louise V. - 15th April 2015
staying in George, Wes-Kaap
Pragtige omgewing en sal altyd weer gaan! Mense wat daar bly is bevoorreg.
Clarina E. - 15th April 2015
staying in Kleinmond, Wes-Kaap
Dit was die eerste keer dat ons in Kleinmond vakansie gehou het. Ons hou van rustiger plekke, maar tog was dit lekker want al die nodige winkels was daar om proviand te koop - en boonop goeie gehalte goed. Ons het niks gemis nie.
Elsa N. - 15th April 2015
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Dit was 'n baie toeganklike oornagplek.
Selma N. - 15th April 2015
staying in Struisbaai, Wes-Kaap
Struisbaai lê my na aan die hart. Ons het altyd Desembervakansies in Struisbaai/Agulhas deurgebring.
Corlia S. - 15th April 2015
staying in Witsand, Wes-Kaap
Pragtige dorpie met 'n ongelooflike mooi strand. Ideaal vir hengelaars. 'n Lekker restaurant. Winkels op die dorpie hou egter net die basiese benodighede aan.
Nico J. - 15th April 2015
staying in Mosselbaai, Wes-Kaap
Sal enige tyd weer daar gaan vakansie hou en meer van die plek wil sien.
Johan S. - 15th April 2015
staying in Hermanus, Wes-Kaap
Hermanus het baie oulike winkeltjies en heerlike eetplekke. Ons het ook die stil oop strande baie geniet!
Diane G. - 15th April 2015
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Love it!
Geraldene C. - 15th April 2015
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Die ondervinding van die Karoo se rustigheid verkwik 'n mens se siel. Die vriendelikheid van die mense dra by tot hierdie rustigheid en eg Karoo-ondervinding.
Marlene V. - 15th April 2015
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Oudtshoorn is vol verrassings. 'n Dagrit deur die Swartbergpas en Meiringspoort is 'n moet om die mooi omgewing en nabygeleë dorpe van Prins Albert en De Rust te verken.
Pierre N. - 15th April 2015
staying in Vishoek, Wes-Kaap
Dorp het 'n plattelandse gevoel en is sentraal geleë met 'n paar roetes om oral uit te kom. Lekker vlak swemstrand vir kinders met baie sitplek naby aan water. Goeie restaurant op die strand.
Hettie P. - 15th April 2015
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
Wonderlike toeristebestemming, nog lank nie klaar gekuier nie en sal baie graag wil teruggaan!
Pieter & Janine C. - 15th April 2015
staying in Mosselbaai, Wes-Kaap
Sal definitief weer terugkom.
Elmien H. - 15th April 2015
staying in Jacobsbaai, Wes-Kaap
Baie mooi rustige plekkie. Geen smouse of boemelaars wat mens pla nie. Kindervriendelike baai. Sal definitief weer daar gaan bly.
Louis B. - 15th April 2015
staying in Mosselbaai, Wes-Kaap
Baie vriendelike mense in die algemeen.
Gail K. - 15th April 2015
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Het dit baie geniet en Ruth is 'n uitstekende gasvrou!
Louis K. - 14th April 2015
staying in Laingsburg, Wes-Kaap
Besoek gerus die Vloedmuseem - dit is 'n absolute moet!
Vena M. - 14th April 2015
staying in Danabaai, Wes-Kaap
Danabaai is 'n pragtige kusdorpie, met 'n lieflike lang strand.
Vanessa J. - 14th April 2015
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Oudtshoorn was fantasties, dit was ons eerste besoek aan die KKNK en dit was 'n baie aangename atmosfeer. Al die mense was baie vriendelik. Dis baie skoon en netjies en al die fasiliteite is in baie goeie kondisie. Ek sal beslis terugkeer.
Carina D. - 14th April 2015
staying in Mosselbaai, Wes-Kaap
Baie mooi plek. Ons het dit gekies omdat dit naby Oudtshoorn is, met die volstruisplase en die Kango-grotte.
Leonie H. - 14th April 2015
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
KKNK maak van Oudtshoorn beslis 'n heerlike plek om te kuier. Die dorp is ongelooflik skoon, al is daar soveel toeriste wat die strate oorneem. 'n Ware juweel!
Zenobia L. - 14th April 2015
staying in Hermanus, Wes-Kaap
Baie aangenaam. Baie om te doen.
Andrea S. - 14th April 2015
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Goed vir oorslaap op pad na Kaapstad.
Marieta H. - 14th April 2015
staying in Kleinmond, Wes-Kaap
Dis 'n mooi dorp en baie rustig.
Johan R. - 14th April 2015
staying in Hermanus, Wes-Kaap
'n Pragtige, skoon dorp met baie om aldaar of in die omgewing te doen.
Sarah H. - 14th April 2015
staying in Oudtshoorn, Wes-Kaap
Die enigste probleem met Oudtshoorn is die straatkinders wat om elke hoek sit en bedel. Veral in die donker hoekies in die aande.
Neels P. - 14th April 2015
staying in Paternoster, Wes-Kaap
'n Moet-sien!
Jean Y. - 14th April 2015
staying in Yzerfontein, Wes-Kaap
Ek was jare terug op Yzerfontein en dit het baie verander. Die strande is skoon en die dorp voel heel veilig.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za