Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36701 resensies.
"Langebaan is 'n verskriklike mooi plek en het baie gerieflike verblyfopsies om weg te breek vir 'n naweek. "
"We loved the area. It was quiet and not crowded. Will go back there anytime."
"Rustige plekkie as jy net wil wegbreek uit die stad, maar het tog alle geriewe soos winkels en restaurante."
"Dis 'n baie lekker vakansieplek, als is skoon en winkels binne paar minute se ry. Dit was my eerste keer daar, maar dit sal beslis nie my laaste keer wees nie."
"Baie rustige kusdorpie met besoekers wat soggens en saans gaan stap met hulle gesinne en honde. 'n Draai roomys by die kafee is 'n moet!"
"So baie verborge paadjies wat wag om verken te word. Wildernis doen sy naam gestand."
"Pragtige boomryke woonbuurt teen die berge in George. Sentraal geleë naby sakekern. Naby is daar teen die berg voetslaanpaaie en ook om met fietse oor die berg te ry Heroldsbaai toe as jy so sou wou."
"Gelukwensing aan die bestuur van die dorp en sy mense vir die insette om hierdie plattelandse dorpie so versorg te hou. "
"Ongelukkig, soos met baie ander dorpe, is die ingang na die dorp redelik bestrooi met plastieksakke en 'n woonbuurt wat regtig baie raserig is deur die nag. Mens hoor dit kilometers ver. Die res van Prins Albert is egter ongelooflik mooi, baie mooi argitektuur en vol karakter. Ons het die dorp en wat dit bied baie geniet."
"Miskien nie vir ouers met tieners, vir ons wat 60 plus is was absoluut wonderlik."
"'n Pragtige dorp en omgewing met foto mooi rivier en see tonele. Vriendelike, bedagsame inwoners. Beslis die entjie se ry vanaf die N2 werd!"