Resensies van Western Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.57 uit 5 gekry volgens 37560 resensies.
Cherylene D. - 9th January 2016
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
Die "rooi bus" toer sterk aan te beveel. Die toergids wonderlik. Na toer kan mens doenlys saamstel. Al die inwoners doen moeite om die dorpie te bemark en die ervaring so aangenaam moontlik te maak. 'n Ondervinding uit die boonste rakke!
Marika P. - 9th January 2016
staying in Strand, Wes-Kaap
Die Kaap bly die mooiste mooi en ek sal graag weer vakansie in die Kaap wil hou.
Rudu D. - 9th January 2016
staying in Agulhas, Wes-Kaap
Nice dorpie. Zuidste Kaap het die beste steak wat ek in 'n lang tyd geëet het.
Rudu D. - 9th January 2016
staying in Witsand, Wes-Kaap
Dit is 'n oulike dorpie.
Wilfred F. - 9th January 2016
staying in Calitzdorp, Wes-Kaap
Baie rustige dorpie met wynkelders net reg vir die wat hou van wynproe.
Hercus G. - 9th January 2016
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
Pragtige dorpie met gasvrye mense.
Carmen D. - 8th January 2016
staying in Sandbaai , Wes-Kaap
Sandbaai is sentraal geleë om maklik en vinnig by die hospitaal, middedorp, die hawe, die Mall en alle ander winkels, restaurante ens. uit te kom. Die omgewing is pragtig en veilig.
Etienne V. - 8th January 2016
staying in Witsand, Wes-Kaap
Witsand is amazing, 'n kite surfer se droom bestemming.
Etienne V. - 8th January 2016
staying in Stellenbosch, Wes-Kaap
My gunsteling plek in die Kaap.
Hannalie M. - 8th January 2016
staying in Port Owen, Wes-Kaap
Lekker.
Marilize P. - 8th January 2016
staying in Kaapstad, Wes-Kaap
Kaapstad self was 'n lieflike plek om te besoek.
Salome L. - 8th January 2016
staying in Knysna, Wes-Kaap
Beautiful and friendly.
John E. - 8th January 2016
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
Baie mooi omgewing. Interessante geskiedenis.
Pieta V. - 8th January 2016
staying in Strand, Wes-Kaap
Strand is 'n pragtige dorp.
Dorothy Z. - 8th January 2016
staying in Montagu, Wes-Kaap
Montagu is 'n pragtige dorpie, hoort op elkeen se vakansie lysie te wees.
May V. - 8th January 2016
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
Prins Albert is 'n "kunstige" dorpie wat definitief die afdraai vanaf die grootpad die moeite werd maak.
Christopher L. - 8th January 2016
staying in Langebaan, Wes-Kaap
Uitstaaande bestemming.
Tersia W. - 8th January 2016
staying in De Kelders, Wes-Kaap
Ons het bietjie gaan verken in De Kelders. Ongelooflik mooi!
Marthinus E. - 8th January 2016
staying in Prins Albert, Wes-Kaap
Prins Albert bly 'n wenner.
Lynette L. - 8th January 2016
staying in Kleinmond, Wes-Kaap
Alhoewel dit 'n klein dorpie is, is daar baie om te doen en te ontdek.
Dawie En Annalise M. - 8th January 2016
staying in Lambertsbaai, Wes-Kaap
Ons het Muisbosskerm en Malgas eiland baie geniet.
Linda K. - 8th January 2016
staying in Barrydale, Wes-Kaap
Doen jouself 'n guns en ry deur die dorp, orals is kunswerke te sien op mure, teen geboue en sommer in tuine. Daar is oulike winkels met pragtige en smaakvolle produkte. Ry tot teen die hoogste koppie uit en geniet 'n asemrowende gesig van kleure en geure.
Carol G. - 8th January 2016
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Visit 4 Sheep Restaurant for delicious traditional Karoo meals.
Floris T. - 8th January 2016
staying in Sedgefield, Wes-Kaap
Sedgefield is 'n wonderlike toeristebestemming wat alles in die nabye omgewing bied. Wonderlike skoon en rustige dorp.
Drikkie V. - 8th January 2016
staying in Swellendam, Wes-Kaap
Pragtige dorp met die berge in die agtergrond.
Hein Y. - 8th January 2016
staying in Langebaan, Wes-Kaap
Wonderlike plek.
Lizette M. - 8th January 2016
staying in Gordonsbaai, Wes-Kaap
Die plek is asemrowend met sy see- en berg-uitsigte. Sal dit enige tyd aanbeveel vir toeriste.
Tinus W. - 8th January 2016
staying in Kleinmond, Wes-Kaap
Wat 'n puik juweel aan die Kaapse kus! Ek weet nie hoekom ek nog nooit daarheen gekom het met vakansie nie. Daar is allerhande interessante klein winkeltjeis en heerlike eetplekke in Kleinmond en die mense is baie vriendelik. Die strand en strandmeer by Palmiet strand karavaanpark-area is asemrowend mooi en dit het gevoel of ons die enigste mense op die strand is - geen mensgemaakte goed was sigbaar nie - alles net ongerep - die berge, strandmeer, see en voëls. Pragtig. Die pikkewynkolonie by Stoney Point in Bettysbaai is ook 'n moet sien. Kogelberg Natuurreservaat met sy pragtige proteas in die veld en wondermooie rotsformasies is ook baie mooi om te gaan besigtig. Die pad langs die see tussen Kleinmond en Gordonsbaai is asemrowend mooi.
Johan P. - 8th January 2016
staying in Melkbosstrand, Wes-Kaap
Klein dorpie met al die benodighede vir 'n vakansie. Wonderlike klein restuarante teen die see.
Jan E. - 8th January 2016
staying in Langebaan, Wes-Kaap
Ek het my vakansie sowel as my verblyf baie geniet. Dit was my eerste besoek aan Langebaan, ons het dit terdeë geniet.
Tinus W. - 8th January 2016
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Die Karoo Nasionale Park was pragtig en lekker vrek warm. Baie wild gesien, tot leeus. Mense op die dorp is vriendelik gewees. Van die ou geboue is pragtig, maar sommiges kort bietjie opknapping.
Ann G. - 8th January 2016
staying in Rawsonville, Wes-Kaap
Go to Le Domaine nearby.
Heinrich B. - 8th January 2016
staying in Tulbagh, Wes-Kaap
Die dorpie is baie interessant, want dit is so geskiedkundig. Daar is genoeg wynplase om te besoek, as jy van die soort ding hou.
Ben S. - 7th January 2016
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Vriendelike mense. Ons moes die tandarts besoek vir 'n noodgeval en was verbaas oor die behulpsaamheid en opregte vriendelikheid van die hele personeel en die tandarts.
Stephan C. - 7th January 2016
staying in Welgemoed, Wes-Kaap
Nice to experience back to basics hospitality.
Marius J. - 7th January 2016
staying in Wildernis, Wes-Kaap
Pragtige natuurskoon.
Marius J. - 7th January 2016
staying in Knysna, Wes-Kaap
Mooier as mooi!
Frances O. - 7th January 2016
staying in Knysna, Wes-Kaap
Knysna is 'n paradys op sy eie!
Johan K. - 7th January 2016
staying in Yzerfontein, Wes-Kaap
Yzerfontein is baie oulik. Omgewing pragtig.
Johan K. - 7th January 2016
staying in Beaufort-Wes, Wes-Kaap
Het nie geweet van die ander oulike plekkies in die omgewing nie.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]