Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35608 resensies.
"Mooiste, mooiste omgewing! Jy hoef niks te doen as om net te ry en om jou te kyk nie! Pragtig!"
"Yzerfontein is one of the most beautiful little towns along the West Coast. Also probably the cleanest and best maintained."
"Diesel & crème was 'n baie interesante eetplek om te besoek!"
"Pragtige natuurskoon, veilig om te swem of om aan ander aktiwiteite deel te neem soos om te stap of kano's te huur. Interessante winkeltjies en restaurantjies. Veral die moeite werd om in die blommeseisoen die Weskus Nasionale Park te besoek."
"Lovely sleepy town in the heart of the Klein Karoo. Beautiful place to unwind."
"Baie goeie tandarts op die dorp. Uitstekend toegerus en baie knap. Ons ry van baie ver af om hom te sien. Elke kilometer werd!"
"Ons was nie regtig daar tydens ons besoek nie. Maar dis 'n mooi dorpie met 'n pragtige uitsig oor die Slanghoekvallei."
"Lieflike kusdorpie met 'n rustige atmosfeer waar 'n persoon kan gaan om die rustigheid en utisig daarvan te beleef en waardeer."
"I am looking forward to when the roadwork's are completed that would really add to the enjoyment of the trip to Kommetjie."
"Hartenbos se infrastruktuur het baie verbeter en myns insiens is dit 'n goeie vakansiebestemming."
"Dit wat ons gesien en gehoor het, het ons laat besluit om vir langer terug te kom om meer van die omgewing te siene te kry. Ons het ten minste lekker kaas gekoop by die Parmalat fabriekswinkel."
"Heerlike aandete geëet by Fowlers en die beste koffie gedrink by Cafe Hugo. Baie lekker Parkrun."
"Ons het by verskeie restaurante geëet, maar hulle kos is werklik pateties. Geen oesters en vars vis beskikbaar nie, terwyl Witsand veronderstel is om daarvoor bekend te wees. So, as jy op Witsand gaan kuier, neem vir jou lekker vars vis, oesters en mossels saam uit die Kaap en vergeet van die restaurante."