Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35608 resensies.
"Mooi dorpie, maar die mense maak dit nog mooier. Was ons eerste besoek, maar beslis nie die laaste nie."
"Tulbagh is 'n baie mooi dorpie met baie oulike plekke om te besoek, maar nie baie opsies vir mense met peuters nie."
"Weens die droogte sal ek voorstel dat daar 'n emmer in die stort gesit word om water op te vang terwyl die geiser warm word. Die geiser vat nogal lank om op te warm."
"Strand is die perfekte bestemming, perfek geleë en naby aan alle plekke wat besoek kan word."
"Good, funky feel, especially with Kalk Bay just down the road. Fantastic for history lovers with Simons Town just down the road the other way."
"Ry die berg van bo uit. Dis beslis die moeite werd en is boonop goedkoop. Die vervoermuseum is ingesluit by die kaartjie en vorm 'n puik dag vir die familie saam met die 'power van' rit."
"Langebaan as dorp vertoon baie netjies en skoon. Daar kan egter meer gedoen word om alle strate duidelik van straatname te voorsien. Ons moes 'n paar keer navraag doen omtrent die roete wat ons moes volg om by ons bestemming te kom. Aangesien ek hardhorend is, maak ek nie van GPS gebruik nie, en moet ek basies my instink volg om ons bestemming te kon kry."