Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 34945 resensies.
"Wat 'n lieflike dorpie. Ons het heerlik gekuier ten spyte van die water beperkings. Die sonsondergange is ongelooflik. Vir uiteet: Kaijaiki was ongelukkig n teleurstelling. Lulas was n heerlike verassing. Ons het ontbyt geniet wat regtig smaaklik voorberei was. Yzerfontein is die ideale vakansie dorpie. "
"Dit is 'n baie mooi bestemming. Die restaurant is so bietjie van 'n teleurstelling, alhoewel die kos baie smaaklik was. Ons het op 'n Vrydagaand gaan eet by Tallas Tavern naby die hoofstrand en moes meegedeel word dat die kombuis om 21:00 sluit die aand. Dit is asof ons die gevoel gekry het dat die geriewe meer vir "locals" beskikbaar is as "toeriste". Ons het wel 'n lekker biltongplek ontdek. Hy sit op die hoofroete in Gordonsbaai net agter die Spar winkelsentrum genaamd Biltong Paradys. Dit is 'n klein plekkie maar die biltong, droeëwors en ander lekkernye maak lekker padkos om aan te smul. "
"Pragtige dorp. Enigste nadeel is dat daar nie vir klein kinders in die dorp voorsien word nie wat dit 'n moeilike bestemming maak om klein kinders heen te vat."
"Ons harte was stukkend oor die erge droogte! Alle sterkte aan die boere en gemeenskap!"
"Not a tourist destination but more of an overnight option to break a long day of travelling."
"Die dorp is lekker sentraal en die atmosfeer dui op 'n plek vir vakansiegangers."
"Lovely quiet beach town. The beaches are safe and clean. Beautiful views abound. Excellent restaurants available including a beach buffet."
"Die stilte is awesome en die veiligheid is in plek. Die wilde diere in kamp self is bonus op sy eie. "