Ons het vir oulaas die kunstenaars gevra wat hul heel lekke’ste ding om te doen is. Hier is wat hulle te sê gehad het én ’n paar idees vir vakansie-inspirasie. 

Die jaar lê byna op sy rug en die OPTOG!-kombi se wiele is voos ná sy roetereis deur Suid-Afrika en Namibië! Dié kunstige kaperjolle sluit in November af met ’n paar laaste vertonings soos Drie van die Bestes, Coenie de Villiers en Deon Meyer se Karoo-Suite en die 3 Susters. Van Caledon tot Kuruman, en regdeur tot in Krugersdorp reis die span, wat al amper soos familie voel, vir oulaas saam.

LekkeSlaap dink ’n bietjie terug aan al ons lekker geselsies met die kunstenaars en as jy nog op soek is na inspirasie vir ’n heerlike Desember-wegbreek, gee ons ’n paar idees wat genoeg rus aan vlees en gees sal bied!

Ons het vir oulaas die kunstenaars gevra wat hul heel lekke’ste ding om te doen is. Hier is wat hulle te sê gehad het én ’n paar idees vir vakansie-inspirasie.

“Dis die lekke’ste lekke om …”

Deon Meyer

… saam met my vrou, Marianne, iewers in die natuur met ons bergfietse te ry.

Drie van die Bestes

Mathys Roets: … saam met vriende iewers mooi te kan sit en lag. Daardie lag wat as jy jare later ’n foto sien en dit onthou en van voor af lag.

Danie Niehaus: … op ’n berg te staan en die natuurskoon om jou te waardeer.

Kevin Leo: … te ontspan en die wêreld te kan sien.

Jo Black

… biltong met geel vet aan te eet.

Pietman Geldenhuys en Wicus van der Merwe

Pietman Geldenhuys: al jou tjops van die rooster af te haal sonder dat jou vingers brand!

Wicus van der Merwe: … vis te vang saam met pêlle by die see!

Coenie de Villiers

… op ’n Sondagoggend wakker te word en net so in jou pajamas koffie en croissants in die kombuis te gaan haal.

Refentse

… stil te wees op ’n stil plek en na jouself te luister.

Sandra Prinsloo

ná ’n lang afwesigheid tuis te kom en my twee Labradors, Romeo en Olga, verwelkom my met soveel liefde en blydskap. Dan bokspring my hart!

Daar het julle dit ─ bobaas-inspirasie van bobaas-kunstenaars! So, klim in jou tjor en vat die pad na wie weet waar, want dis sowaar alweer amper tyd vir Nuwejaar. Maar voor jy vlug, kyk ’n bietjie hiér vir nog ’n laaste oomblik van kuns-plesier:

Hierdie maand se program:

Drie van die Bestes | 6 November | Port Elizabeth | Bespreek hiér

Ingleton Lodge

Drie van die Bestes | 7 November | Hartenbos | Bespreek hiér

Seefront Solders

Drie van die Bestes | 8 November | Caledon | Bespreek hiér

De Caledon Huis

Drie van die Bestes | 12 November | Pretoria | Bespreek hiér

Pretoria akkommodasie

3 Susters | 13 November | Ermelo | Bespreek hiér

Elna's Guesthouse

3 Susters | 14 November | Sasolburg | Bespreek hiér

Riemland

3 Susters | 15 November | Welkom | Bespreek hiér

Jolani 2 Guesthouse

 

Karoo Suite | 17 November | Pretoria | Bespreek hiér

Pretoria akkommodasie

Hooffoto: verskaf