Geverifieerde Resensie
Clarens
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Clarens bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 3049 resensies.
"Not an ideal time to visit as lots of shops and restaurants are closed due to Covid, but still a quaint town to visit."
"As dit bietjie goedkoper was, sou mens dalk meer gereeld so naweek kan beplan."
"Die dorp is skoon en die mense is vriendelik. Ideaal vir wegbreek van die besige stadslewe."
"Die plek wat aan almal se smaak sal voldoen in 'n rustige vakansie-atmosfeer met ongeskonde natuurtonele."
"Ek gaan vir die berge, die vars lug en die atmosfeer. Dis heerlik om die berge om elke hoek en draai te sien wanneer jy deur die winkels snuffel of 'n ete by een van die baie restaurante geniet, of sommer net wanneer jy jou oë oopmaak in die oggend."
"Luilekker. Doen moeite om met diese plek se mense te gesels en te kuier. Lekker lekker mense."
"Left a piece of my heart in this beautiful destination. Will definitely be back!"
"'n Wonderlike dorpie en beslis 'n besoek werd. Sal definitief weer daar gaan kuier."
"Natuur is pragtig en vol verrassings. Mense is vriendelik en behulpsaam. Kooperasie Restuarant het die beste kos en diens."
"Clarens is definitief my gunsteling plek in die hele Suid-Afrika. Altyd skoon en netjies, die dorp is vol lewe en ongelooflik vriendelik! Ek sal nog daar kom aftree!"
"Clarens was altyd 'n groot toeris-trekpleister, maar die dorpe val uitmekaar uit met die slegte paaie en vervalle voorkoms."
"Ons hou van Clarens en vind telkens iets nuuts, soos die staproete in die reservaat in Desember 2020, en nou weer 'n splinternuwe restourant. Die boekwinkel is eweneens 'n belewenis."
"We love Clarens and we try to visit at least twice a year, we would come more frequently if it was at all possible."
"Lovely town to visit. We went quad biking through the mountains with Maluti Mountain Adventures, which was a gorgeous sight and would recommend it to anybody."