Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9274 reviews.
"Lovely location. Quite expensive for the size of the apartment. Loved it anyway."
"Ons kon nie baie verken nie, maar die dorpie was oulik en die area is beeldskoon."
"Wonderlike rustige dorpie met lekker swem in die rivier. Strand is baie gevaarlik, maar die stap/draf wandelpaaie, lekker swem in rivier en rustigheid maak op daarvoor. "
"Die hart van die Kaap. Skoon en gasvry. Goeie restaurante, selfs in besigste tye. Skoon strande."
"Sedgefield does provide a lot of activities to do thus you need to travel a lot to nearby places but the restaurants are very nice and the beaches are clean and family friendly."
Great Brak River, Garden Route
Kontrei BB"Ek ken die kusdorpie al baie jare, lieflike plantegroei, panorama en klimaat. Hier heers nog egte plattelandse gasvryheid met 'n lekker vakansie-vibe."
"Oudtshoorn is die skoonste en vriendelikste dorpie wat ons al in was - sal definitief weer 'n draai maak. "
"Albertinia het so diep in ons harte gekruip, dat ons besluit het om daar te gaan aftree!"
"Vleesbaai is 'n wonderlike, rustige klein kusdorpie wat ons onmiddellik welkom laat voel het. Ons het geen oomblik onveilig gevoel nie en ons kon kilometers langs die strand stap."
"Die beste plek om vakansie te hou. Stil, skoon, veilig, naby alles ─ net fantasties."
"Baie mooi juweel-blyplekke daar, veral op plase vir mense wat weg wil wees van mense."
"'n Moet-besoek as jy rustigheid wil hê, die mense is baie vriendelik en die natuur is goed vir die siel."
"Die berg aan die agterkant en rivier het 'n lekker rustige atmosfeer. Naby als geleë en 'n mooi gedeelte van Plett."
"Suid-Kaapse dorpe is skoon en netjies. Uitstekende paaie. Altyd 'n plesier om daar te kuier."
"Knysna is 'n wonderlike plek om in vakansie te hou, daar is baie aktiwiteite wat jou kan besig hou."