Geverifieerde Resensie
West Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in West Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6600 resensies.
"Paternoster is rustig. Die kreefsmouse kan effe lastig raak. Anders baie stil en ontspannend. Lieflike plekkie."
"Paternoster is 'n tipiese vissersdorp en heerlike vakansiebestemming. Behuising is net baie duur in vergelyking met ander plekke."
"I understand that in the spring it is absolutely beautiful, but when we were there - March/April - arid! But it does have a beauty of its own. "
"Paternoster is 'n lieflike dorpie maar die restaurante se kombuise sluit hopeloos te vroeg."
"Vredenburg is sentraal geleë om al die omliggende Weskus-dorpies te besoek."
"Elandsbaai is 'n pragtige Weskus-dorpie, so as jy wil wegbreek van stadslewe, is dit net die regte medisyne. "
"Pragtige dorp, wat reeds baie uitgebrei het na ons laas daar was. Vriendelike mense en skoon strandgebied, lagoon. Pragtige vlooimark! Langebaan rock! Ek raai enigeen aan om daar te gaan afpak."
"Jacobsbaai is 'n pragtige en rustige dorpie. Daar is net nie 'n strand vir die kinders nie en ons moes Langebaan toe ry om op 'n strand te kan speel en baljaar. Sou ook baie lekker gewees het indien daar dalk 'n diens was waar 'n mens fietse kon huur om die dorpie mee plat te ry. Sal Jacobsbaai defnitief weer besoek!"
"Yzerfontein is 'n klein juweel met oulike plekke in omgewing om te besigtig."
"Paternoster is die perfekte bestemming vir 'n vakansie waar mens wil afskakel en net relax."
"Lambertsbaai is 'n lieflike skoon dorp en die perfekte dorp vir lekker ontspan."
"Weskus stel nooit teleur nie. As jy van natuur en buitelug hou, is dit die plek vir jou."