Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Cape Route 62

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Route 62 bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 4931 resensies.

McGregor, Kaapse Roete 62

Lady Grey Walk Cottage

"McGregor is PRAGTIG mooi en ek sal weer soontoe gaan."

Montagu, Kaapse Roete 62

Bon Accord Farm Cottages

"Sentraal om verskeie wynkelders en ander toeriste aantreklikhede te bereik."

McGregor, Kaapse Roete 62

Tindall Cottage

"Ons gaan elke Desember om die oujaarsaand "Dinner and Dans" by Temenos te vier, en om 'n vroegoggend stap in die vars lug te geniet. Baie netjiese dorpie."

McGregor, Kaapse Roete 62

Rhebokskraal Olyf Landgoed

"Pragtige dorp met vriendelike mense!"

Prins Albert, Kaapse Roete 62

81 on Church

"Baie warm (duh - einde Desemeber - kon dit verwag het), maar baie vriendelike mense. Winkeltjies, kafees en restaurante baie oulik en lekker. Prickly Pear maak die lekkerste pizza."

De Rust, Kaapse Roete 62

Kabbelrus

"Pragtige dorpie, wonderlike en vriendelike mense. Ouwereldse gasvryheid soos mens min deesdae nog sien. Sal beslis weer en weer terugkeer."

Montagu, Kaapse Roete 62

Mountain View Lodge Montagu

"Dis heerlik stil en die vallei is baie mooi. Die toerismeburo kan meer doen om alle besienswaardighede en aktiwiteite in die omgewing op hul webwerf te promoveer. Dit sluit restaurante, wynplase (proelokale oop vir die publiek en tye), akkommodasie, winkels, padstalle, ens in. Dit help om te weet wanneer wie (werklik) oop en toe is. Moes baie rondbel om uit te vind. Die webwwerf is goed, maar kan verbeter. Kon meer hulpvaardige inligting vanaf Trip Advisor en sekere brosjures by blyplekke kry. Montagu moet iets doen om hul uitstallings in die museum (sendingkerk) bietjie meer aantreklik te maak. Dit is interessant, maar die voorlegging kort werk. Montagu is lieflike plek, sal weer terug gaan, maar net nie weer tydens 'n hittegolf nie."

Montagu, Kaapse Roete 62

360on62 Mountain View Farm Cottages

"Pragtige skoon dorpie, waar 'n mens alles kry wat jy nodig het: 'n wassery, 'n gesondheidswinkel, lekker restaurante, veral Rambling Rose. Sal weer gaan. Die natuurskoon is asemrowend!"

Prins Albert, Kaapse Roete 62

The Olive Thrush Cottage

"A quaint little town with everything at hand, a few eateries with good food. We were very impressed with the cleanliness while walking our small dauchshunds in the early morning. Very quiet. Beautiful surroundings. Awesome. "

Montagu, Kaapse Roete 62

Anchorage Inn Guesthouse

"Pragtige dorp. Bo aan my lys van gunstelinge!"

Prins Albert, Kaapse Roete 62

Kokkedoor Flatlet

"Wat 'n reis juweel in Suid-Afrika."

Robertson, Kaapse Roete 62

theLAB Lifestyle Robertson

"Dis 'n pragtige omgewing met heelwat besienswaardighede wat ons gaan ondersoek het. Goeie wynplase in die omgewing asook 'n groot inkopiesentrum en die klein, nabygeleë dorpies is interessant om te besoek."

De Rust, Kaapse Roete 62

Kabbelrus

"Cute little town."

Montagu, Kaapse Roete 62

The Vineyard Country House

"Restaurante is klein en maak redelik vroeg saans toe. Jy gaan honger slaap indien geen bespreking vir aandete gemaak is nie."

Robertson, Kaapse Roete 62

Mabet and Gabriella Guest Rooms

"Robertson is a gem. The wines available in the area are fantastic, the town is adorable and wine tasting is free unlike most other regions in the Cape. Although it's further from Cape Town it's a lovely town to spend a weekend away. "

Montagu, Kaapse Roete 62

360on62 Mountain View Farm Cottages

"Lots to do, wine farms, mountains, river and tractor outings, not to be missed."

Montagu, Kaapse Roete 62

The Vineyard Country House

"Mooi en interressante dorpie. Heelwat om te doen in omgewing. Verbasend goeie restaurante."

Prins Albert, Kaapse Roete 62

Yellow House

"Oulike dorpie - sien ons definitief weer."

Prins Albert, Kaapse Roete 62

Karoo-Rust

"Oulike dorpie met vriendelike mense. "

Ceres, Kaapse Roete 62

Village Guesthouse & Restaurant

"Ceres is geleë tussen die pragtigste berge en sommer naby omliggende dorpe. Die Bainskloof-pas is asemrowend mooi. Sal beslis besoek in wintermaande."

Robertson, Kaapse Roete 62

Merlot Manor Guesthouse

"Need one or two more prime restaurants. "

Prins Albert, Kaapse Roete 62

Yellow House

"Besonderse dorp met karakter. Lekker naby die Swartbergpas."

Prins Albert, Kaapse Roete 62

African Relish

"Sal weer in Prins Albert wil bly, maar dan in "bo-dorp"."

Prins Albert, Kaapse Roete 62

Kokkedoor Flatlet

"Meer restaurante kan oop wees vir aandete (verskeidenheid). Daar was slegs 2 oop."

Ladismith, Kaapse Roete 62

Rietfontein Guest Farm

"Pragtige uitsig oor die Karoo en sterre was asemrowend helder - sal definitief weer kom kuier!"

Blad
Blad 153 - Wys 4561 tot 4590
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem