Geverifieerde Resensie
Cape Route 62
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Route 62 bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2351 resensies.
"Mooi dorp baie pm te doen. Grondpaaie in die omgewing is baie pret met die motorfietse."
"What an awesome place for a getaway from the hustle and busy city life. Ceres, you will most definitely be seeing us again."
"Die middag van 29 Oktober het ons daar deur gery, die meeste van die plekke was toe gewees. Dit wil voorkom of die dorpie besig is om dood te loop."
"Ek het nie gegaan om die dorp te verken nie, en vandaar die gemiddelde 3 sterre. Het vlugtig die plaaslike supermark besoek, en wat ek in en om die besigheidsarea gesien het was baie skoon, rustig en 'n aangename ervaring."
"Robertson is 'n baie mooi dorpie met vriendelike mense. As jy van wyn en lekker kos hou, dan is dit die plek vir jou."
"Oulike dorpie. Nice restaurante. Van Loveren besoek op die Saterdag. Sal Robertson weer besoek. "
"Vriendelike mense in ‘n pragtige dorp wat deel van Route 62 is. Plattelandse gasvryheid is hier aan die orde van die dag. Splash of Pink met Paul Renè MCC was heerlik! Ons is volgende jaar terug!"
"Klein, rustige, plattelandse dorpie met geen groot winkelsentrums nie. Die nodigste goedere is wel beskikbaar. Verskeie besienswaardighede kan in die omgewing besoek word."
"'n Klad op Munisipaliteit en gemeenskap se naam dat die eens puik museum in Paul Kruger-straat die afgelope jare net 'n murasie en rommelhoop is en nie herbou word nie. Wingerde en boorde op die plase in die distrik is pragtig en 'n vreugde om te besigtig."
Prince Alfred Hamlet, Kaapse Roete 62
Hamlet Country Lodge"Die dorpie is net 10 minute se ry uit Ceres. Dis net ver genoeg om nie in die besige Ceres vasgevang te wees nie, maar naby genoeg om vinnig in te ry Ceres toe as jy iets daar moet doen. "
"Ons geniet die eetplekke en kuierplekke op Robertson, veral Four Cousins en Bourbon Street. "
"McGregor is 'n oulike toeristebestemming. Mens kan die dorp van bo na onder deurloop en die pragtige ou huisies en geboue bekyk. Die restaurant wat na 'n bekende Italiaanse operasangeres vernoem is, het 'n pragtige tuin aan die agterkant wat die moeite werd is om te besoek en boonop is hul kos uit die boonste rakke!"