Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.5 out of 5 based on 6133 reviews.
"Die pad tussen Belfast en Dullstroom en veral tussen Dullstroom en Lydenburg is angswekkend en uiters swak!"
"Dit is mooi, enigste negtatiewe kommentaar is die paaie. Daar is by plekke groot groewe in die pad, wat dit moeilik maak, veral as jy nie 'n hoë kar het nie en in die aande. Die waarskuwing van leeus wat daar kan rondloop het bietjie spanning veroorsaak. "
"Sal dit vir seker vir al ons familie, vriende en kennisse aanbeveel as 'n wonderlike vakansiebestemming. Veral vir dié wat die Krugerwildtuin gereeld besoek en lief is vir die bosveldomgewing. Lieflike plek."
"Ons eerste keer hier. Dit was baie lekker, met 'n lieflike restaurant (Amazing Kruger View) en diere oral. Nader aan die natuur kry 'n mens moeilik."
"Can do more to upgrade shops and activities like game drives in Marloth."
"Pad tussen Dullstroom en Lydenburg is ongelukkig in uiters swak kondisie."
"Marloth Park is the place to be if you love animals as much as we do. Zebras, warthogs, and bucks come to your back door. It's really amazing."
"Dullstroom is 'n regte toeristedorpie met oulike winkels en restaurante. Waffle & Co het 5-ster-wafels!"
"Marlothpark kan hulle sekuriteit opskerp by hulle hekke, enige iemand het toegang tot die park."
"Die dorpie is altyd lekker om te besoek. Daar is nie veel verandering oor die jare nie."
"Meeste winkels was toe. Pryse onsaglik hoog vir kwaliteit van goed. Geen besienswaardighede nie. The Clock shop was enigste winkel wat iets beteken het en waarde vir jou geld kry. Mr Simpson, Mayfly, Waffel & Co se kos is goeie kwalitet. Harries het uit hulle pad gegaan om diabetiese pannekoek te maak vir 2 senior burgers, baie dankie. Fatima's was'n teleurstelling. Seattle coffee - julle bly bo baas. Anvil Ale House and brewery - wat 'n goeie diens, baie dankie."
"Die dorp/besigheidsgebied was skoon. 'n Ideale oornag destinasie na KNP en Mpumalanga Laeveld. Pad na Haziview kan mense ontmoedig om in Sabie te oornag oppad na KNP. Oogmerk is om 'n gemaklike/vinnige roete na KNP te hê om sodoende vroeg by die park se toegangshekke te wees (Phabeni en Kruger hekke). Roete tussen Sabie en Hazyview moet spoedig herstel en oopgemaak word."