Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6215 resensies.
"Alot to do in and around Hazyview good place for beautiful views and a lot of activities and restaurants near by."
"Die paaie kort beslis aandag! Dit was vir ons stadsjapies baie moeilik om met 'n gewone voertuig oral te kon ry. Maar die algehele ervaring was regtig wonderlik!"
"Baie naby aan alles, die vriendelikste mense in die dorp en alles is so naby en bekombaar."
"Gaan verken alles en nog wat daar is om te doen. Ook buite Dullstroom, en jy hoef nie eers ver te ry nie."
"Paaie na die watervalle is in baie slegte toestand. Geen kennisgewing by watervalle wat aandui wat toegang kos nie. Watervalle moet liefs in groepe besoek word. Dis nie veilig genoeg vir enkel reisigers nie. Sabie is naby genoeg aan Graskop en die toeristeaantreklikhede daar."
"Lief die natuur en het self 'n huis in Marlothpark gekoop verlede jaar. Voorheen bekend as Migrate Bush House."
Nasionale Krugerwildtuin Suid, Mpumalanga
Sabie River Bush Lodge"Ons is mal oor die wildtuin, so vir ons is dit 'n fees. Jy kan heerlik afskakel, ontspan en herlaai."
"Baie sentraal geleë om besienswaardighede in die omgewing te besoek. Ongelukkig was baie van die paaie in die omgewing in 'n haglike toestand - veral op pad na Hazyview - verskriklike slaggate. Dorp self was goed met genoeg winkels, petrol stasies, ens. Oulike boekwinkel in dorp."
"If you love nature, trail running and hiking then Graskop is the place to be."
"Was teleurgesteld by die hoofhekke. Jy kan sommer net inry en dit beteken enigeen kan sommer net ingaan. Vorige kere kon jy net ingaan as jy 'n permit het. Olifantstraat sal ek ook nie in bly nie. Te veel voete en mense wat langs die pad sit en selfs alkohol drink. Hoop as ons in die winter gaan dat die park strenger reëls sal hê wat dit aanbetref. Verder is die park pragtig!"
"Elke oomblik in die dorp is 'n ontdekkingsreis. En dan het jy nog nie eens buite die grense beweeg nie. Mens het ten minste 5 dae nodig om alles te kan verken en beleef."
"Sabie is a relaxed area. We have not experience/notice any crime during our stay."
"Lekker restaurante en winkel as mens iets benodig. Veiligheid is tops. Baie wild om te sien. Rustigheid. "
"Lekker plekkie met baie mooi natuurskoon en 'n lekker avontuur in die winkels. "
"Nie my plek om vakansie te hou nie. Ons het net oornag terug na ons woning."
"Prettig, met interessante en aangename eetplekke en winkels. Rustige atmosfeer!"