Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.5 out of 5 based on 6237 reviews.
"Die Graskop Lift Co en die gorge was 'n absolute belewenis en 'n moet vir almal. Die watervalle op die roete was pragtig."
"Baie lekker plekkie, die enigste probleem is die paaie, dit het wel baie gereën, en dit kon lei tot die verspoelde paaie. Mense met lae voertuie sal nie sommer daar kan ry nie."
"Was teleurgesteld dat talle van die winkeltjies toe was en mens telkemale by ander winkels moes gaan sleutels vra om na die produkte te kon kyk."
"Die watervalle was pragtig. Klein ingangsfooie word gevra by elke bestemming, maar dis die prys werd."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Vinique Guesthouse"Dis 'n besige stad, maar daar is alles wat jy nodig het."
"Die pad tussen Ermelo en Piet Retief is uiters swak, maar die pad via Amsterdam is baie beter en tussen deur pragtige landskappe. Daar is nie veel vir toeriste om te doen in die omgewing nie, maar dis perfek geleë om oor te bly op pad see toe of terug."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Pensão Guest Lodge"Pragtige omgewing, lekker dorp, net warm. Gelukkig vir lugversorging in die kamers."
"Alot to do in and around Hazyview good place for beautiful views and a lot of activities and restaurants near by."
"Die paaie kort beslis aandag! Dit was vir ons stadsjapies baie moeilik om met 'n gewone voertuig oral te kon ry. Maar die algehele ervaring was regtig wonderlik!"
"Baie naby aan alles, die vriendelikste mense in die dorp en alles is so naby en bekombaar."
"Gaan verken alles en nog wat daar is om te doen. Ook buite Dullstroom, en jy hoef nie eers ver te ry nie."
"Paaie na die watervalle is in baie slegte toestand. Geen kennisgewing by watervalle wat aandui wat toegang kos nie. Watervalle moet liefs in groepe besoek word. Dis nie veilig genoeg vir enkel reisigers nie. Sabie is naby genoeg aan Graskop en die toeristeaantreklikhede daar."
"Lief die natuur en het self 'n huis in Marlothpark gekoop verlede jaar. Voorheen bekend as Migrate Bush House."
Kruger National Park South, Mpumalanga
Sabie River Bush Lodge"Ons is mal oor die wildtuin, so vir ons is dit 'n fees. Jy kan heerlik afskakel, ontspan en herlaai."
"Baie sentraal geleë om besienswaardighede in die omgewing te besoek. Ongelukkig was baie van die paaie in die omgewing in 'n haglike toestand - veral op pad na Hazyview - verskriklike slaggate. Dorp self was goed met genoeg winkels, petrol stasies, ens. Oulike boekwinkel in dorp."
"If you love nature, trail running and hiking then Graskop is the place to be."