Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 16603 resensies.
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Beach Cottage 2"Hermanus bly maar eenmaal uitstekend! Die rustigheid en pragtige see-uitsig bring 'n heerlike kalmte vir die gees. Dis altyd lekker om hierheen te reis om jou batterye van lewe weer te vervul. Mens verlaat Hermanus met 'n nuwe gesindheid en word weer lus vir die lewe!"
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Bokkoms Guest Flat"Vriendelike en witty mense wat op Paternoster bly. Die dorpie is nog ongekunsteld en het restaurante met die mees fantastiese seekos. Oulike winkeltjies. Lekker lang strand om op te stap en 'n bonus is dat honde los kan rondloop. Bykans alle restaurante is troeteldiervriendelik."
"Witsand is pragtig. Dit is ideaal vir vissermanne, stappers, swemmers en enigiemand wat net wil rus. Nella se winkel is pragtig vernuwe en die nuwe restaurant oorkant Nella se winkel is tops."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Jongnooientjiesfontein"Dit bly 'n juweel, en mens hoop dat dit nie 'n oorvloed van mense gaan kry soos ander Weskusdorpe wat net pryse laat styg nie."
"Greyton is 'n lekker plek om vir 'n rustige naweek weg te gaan. Baie lekker eetplekkies en gallerye om te besoek."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Just Rest"Paternoster is 'n bekende trekpleister vir toeriste en die winkels/besighede/restaurante misbruik dit. Die produkte in Die Winkel in Paternoster is buitensporig duur. Die konfyte en ander produkte in die winkel is dubbeld so duur soos in ander buurdorpe. Die restaurant langsaan die teater was die enigste eetplek in daai omgewing wat oop was op 'n Maandag tydens die skoolvakansie. Die diens was uiters swak, van die toeriste het opgestaan en geloop aangesien die kelners nie belangstelling getoon het om hulle te bedien nie. Ek self het 15 minute gewag om my rekening te kry en moes self vir dit gaan vra het. Daar is baie omliggende dorpies met dieselfde bekoring as Paternoster en heelwat goedkoper winkels en vriendeliker mense."
Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad
Dolittle Cottages"Dis 'n pragtige dorp met sy netjiese strate. Daar is ook 'n verskeidenheid van restaurante om van te kies."
Elandsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Fork West Holiday Apartment - Ground Floor Unit 3"Vir 'n stil en rustige vakansie, uitstekend."
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
On the Beach"Die strand is lieflik, die natuurskoon pragtig. Vir baie loop en verder 'n rustige, ontspanne tydjie is Yzerfontein 'n goeie keuse. Yzerfontein is ook lekker naby aan Darling vir 'n dagbesoek."
St. Helenabaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Forever Blue"Dit was baie mistig met aankoms en die volgende oggend, so ons ko nnie die omgewing lekker sien nie."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
BC Stone Cottage"Winkelsentrum met 'n winkel met swemklere en ander toebehore."
Gansbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Whale of a Time"Baie lekker vakansiehouplek en baie om te doen. Vriendelike en veilige plek."
Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad
Bergview Guesthouse Swellendam"Pragtigste dorp. So mooi skoon ook."
Struisbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
The Gift"We often visit Agulhas and Struisbaai as we have friends who live in Agulhas - love the area and especially Struisbaai beach for walking."
Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad
Arumvale Country Retreat"Absolutely magic, loads of well-maintained gravel roads, mystical countryside and majestic Langeberg mountains."