Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 15801 resensies.
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Aloha 1"Paternoster is 'n moet ten minste 1 keer in jou lewe. Ek en my man was vir 14 nagte in Paternoster en dit was 'n wonderlike vakansie!"
Franschhoek, Ontsnap Uit Kaapstad
Eight on Tuin"Pragtig! Heerlik wyn! Vriendelike mens! Baie buitelanders tydens ons besoek. Winkels maak meestal voorsiening vir buitelandse toeriste, so ons het nie enige iets gekoop nie. Populêre restaurant is vol geboek so boek vroegtydig."
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Strandloper @ Moeriesbaai"Lieflik, stil en rustig om in Jacobsbaai te kuier. Mooiste plekkie. "
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
Engela's Overnight Accommodation"Dit is 'n wonderlike plekkie om af te tree."
Riebeek-Wes, Ontsnap Uit Kaapstad
Riebeek Valley Hotel"Woonbuurt baie netjies. Winkels en restaurante op die dorp beskikbaar."
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Weskushuis"Hou dit net soos dit is, dis perfek. Daar is baie min vakansie bestemmings waar mens regtig rustigheid kan kry, hierdie is beslis een en dis wonderlik."
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
Paul Kruger 63"Great base to explore the area for History and Wine-Route purposes."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Sea Shack"Pragtige, lieflike dorp. Blou see, wit huisies skoon strande - prentjie mooi. "
Riebeek-Wes, Ontsnap Uit Kaapstad
Ruby Rose Guest House"Definitely a place worth visiting. The country side with it's winelands absolutely beautiful. Air is crisp and clean. Riebeeck Kasteel, which is very close, definitely worth visiting. Lovely little shops."
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Maartblom Gastehuis"Rustig en die Weskus padstal doen die ding. Kos is heerlik en die diens vriendelik en die groentemark by die ingang is 'n bonus. Die strande en strate is skoon en netjies. Hou so aan Yzerfontein."
Barrydale, Ontsnap Uit Kaapstad
The Blue Cow Barn – Boutique Farm Accommodation"Barrydale is 'n pragtige en skoon dorp met netjiese huise. Dis wonderlik om te sien hoe die ou boustyl in stand gehou word. Daar is ook baie interessante plekke in die omgewing om te besoek!"
Kleinmond, Ontsnap Uit Kaapstad
Bietou"Lang ente se stap en mooi plekke om net te sit en oor die see uit te kyk. 'n Pragtige wegbreekplek."
Voëlklip, Ontsnap Uit Kaapstad
Valentines Hermanus"Voelklip is the best beach area with grass on hill and very neat public toilets."
Saldanha, Ontsnap Uit Kaapstad
Saldanha Bay Inn"Loopafstand van winkels. Baie stil in die nag. Voertuie agter 'n hek naby die kamers. Nodige toerusting soos bekers, ketel en yskas vir oornag. Ook 'n waaier vir die warm aande."
McGregor, Ontsnap Uit Kaapstad
Klipspringer Berghuisie"Interessant, rustig. Moenie op Sondae besoek nie - daar gaan niks aan nie (miskien een restaurant oop tot 14:00)."
Riebeek-Kasteel, Ontsnap Uit Kaapstad
Villa Anna Katarina"Ons het 'n juweel ontdek, dis 'n ongelooflike mooi plek."