Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 6501 reviews.
"Overberg is 'n pragtige en interessante dorp en mooi strande is naby om te besoek. Die weer in Januarie kan baie warm wees, en moet in ag geneem word. Die Overberg se mense is baie vriendelik en ingestel op toerisme - veral in Swellendam!"
"Ek het buite spitsseisoen gereis en dit was heerlik stil en kalmerend in Kleinbaai."
"Gansbaai is oulik maar daar is nie veel te doen nie - gelukkig naby plekke soos Hermanus en Kleinbaai - sal moeilik wees om klein kinders besig te hou omdat daar nie regtig 'n strand is nie - vir meer volwasse toeriste is dit egter 'n baie lekker plek om te gaan ontspan en ons sal beslis weer gaan."
"Fantasties buite seisoen. Kan besig raak binne seisoen. Vakansie-paradys. So baie om te doen!"
"Beautiful and historic. Easy access to both wine regions and the Klein Karoo. "
"Wat 'n pragtige dorpie om te verken! Lekkerste restaurante. Wil graag Old Mill uitsonder. Waterblommetjiebredie was heerlik! Ons moes net baie lank wag."
"Perlemoenbaai en De Kelders is lieflik. Min swemstrande daar maar Franskraal se heerlike familie swemstrand het opgemaak daarvoor! Pragtige uitsig en genoeg winkels, ook lekker drafpaadjie langs die see! Ons het heerlik gekuier!"
"Cape Town in general is becoming more and more popular as the preferred tourist destination because of the exchange rate it is real value for money. I personally think that L'Agulhas can expand to offer especially the Muslim tourist from countries like Saudi Arabia, Yemen and the Arab Emirate more Halaal eatery options as food is an important aspect of tourism. Our preferred getaway has always been Knysna and surrounds, but L'Agulhas is definitely a favourite for us now."
"Ek het 50 jaar gelede daar grootgeword. Skoon, rustige en veilige plattelandse dorp."
"Pragtige oord op Breëriviermonding geleë. Ideal vir boot-, hang-gliding en visvangvakansie."
"Ek is mal oor see en visvang. Lekker rustige dorpie maar daar is genoeg van alles sonder om ver te ry. Die mense is ook baie vriendelik."