Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9467 resensies.
"Weg van George en Mosselbaai se gewoel, maar naby genoeg vir noodgeval en sentraal vir uitstappies."
"Mosselbaai het baie uitgebrei vandat ons 3 jaar gelede daar gekuier het, maar nogsteeds 'n lekker plek om vakansie te hou."
"Pragtige vakansieplek met 'n groot verskydenheid van aktiwiteite om jouself mee besig te hou."
"Groter en besiger as wat ek gedink het. Dis 'n mooi skoon stad en die paaie is baie goed en het geen slaggate nie."
"Die Tuinroete is 'n baie mooi omgewing met verskillende verblyfopsies om van te kies."
"Ons hou elke jaar vakansie in Hartenbos. Geniet dit vreeslik baie met die kinders, omdat alles bymekaar en veilig is."
"Ons is baie lief vir Oudtshoorn en bly vir elke geleentheid wat ons kry om die pragtige dorp te besoek."
"Groot verskeidenheid kuierplekke en aktiwiteite. Heelwat strande in die omgewing. Toegangsroetes kan nogal besig wees, maar meeste motoriste is geduldig en vriendelik."
"Baie min om te sien en te doen in Riversdal, maar ons was daar vir rugby, maar het Stilbaai, Jongensfontein, Mosselbaai en Hartenbos gaan besoek wat nie ver van Riversdal af is nie en dis baie mooi, skoon en netjies ook."