Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9195 resensies.
"Mooi area. Nie juis tyd gehad om rond te ry nie, behalwe Birds of Eden. Beslis 'n moet wanneer in daardie omgewing. Plettenbergbaai net baie besig - Desember seker 'n nagmerrie."
"Baie om te doen en besig te bly. As jy wil rustig wees, is Oudtshoorn ook die plek vir dit want die weer is gewoonlik goed daar. Soms bietjie warm, maar as jou geriewe swemplek het, is jou kop deur!"
"Rustig, uit die besige strate van Mosselbaai, tog naby genoeg aan alles. Mooi strand om te gaan stap."
"Pragtige dorp/stad....alles wat mens benodig...mense vriendelik...pragtige omgewing!"
"'n Pragtige dorpie met vriendelike mense en pragtige natuurskoon, perfek vir enige familie se seevakansie."
"Pragtige omgewing. Gerieflik geleë. Paaie is net baie besig oor Desembervakansie."
"Oudtshoorn bied baie meer as wat ons bewus was van en beplan 'n langer verblyf in die nabye toekoms. 'n Mens het baie meer tyd nodig om alles in die omgewing te sien en ervaar. "
"Great surfing and beaches. Uncrowded even in peak season with excellent restaurants and a magnificent lagoon for all manner of activities."
"Pragtige omgewing met baie doendinge! Ons het ook heerlik by Suiderkruisstrand geswem."
"Mosselbaai is 'n aangename toeristebestemming gedurende die hele jaar behalwe tydens die Kersvakansie in Desember/Januarie. Dan is die dorp heeltemal oorbevolk en die verkeer is 'n kopseer!"
"Vriendelike mense, rustige atmosfeer. Hier kan jy nog in die straat gaan loop met sonsondergang. Pragtige dorpie!"
"De Rust is 'n móét besoek dorpie, waar alles skoon en netjies is. Die vriendelikste, gasvry mense. Oulike restaurant en koffiewinkels. Pragtige natuurskoon."