Geverifieerde Resensie
Free State
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 12223 resensies.
"Clarens is a hidden gem, an ideal spot for a weekend away or a stop-over when touring the beautiful inland."
"As julle meer mense wil lok sit 'n Geocache of twee op in die dorp by van die geskiedkundige besienswaardighede."
"Clarens is meer vir volwassenes as vir kinders. Tieners sal nie te lank kan bly nie want daar is nie veel vir hulle nie. Die plek is uitstekend om die stad se vinnige lewe terug te los en te ontspan. Baie oulike winkels en geen horlosie is benodig nie."
"Pragtige Vrystaatse dorpie, met mooi geboue en vriendelike atmosfeer. Ten spite van die feit dat ons 18:00 eers gearriveer het, kon ons nog kies tussen 3 eetplekke vir aandete, en het selfs nog die unieke antieke en kunswinkel in die Hoofstraat besoek. Die landelikheid, mooi ou huisies en groot dorpserwe dra by tot 'n unieke ervaring. Ek ken die Vrystaatse platteland goed, en die besoek aan Philippolis het my met nostalgie vervul, en was definitief die moeite werd."
"Pragtige, skoon dorpie met die mooiste sandsteenhuise. Kon gaan stap en almal groet jou."
"Die Vrystaat is 'n plek met 'n verrassing en baie vriendelikheid en gasvryheid."
"Met die Vroue-monument, met baie on te sien, net om die draai 'n goeie uitstappie vir besigtiging en tydverwyl. "
"Baie stil, ek't my bergfiets buite gelos en nie een oomblik gevoel dat die sekuriteit beproef sou word nie."
"Beslis 'n' juweel So baie om te sien! Die Puma vulstasie se supermark is onsedelik duur en baie vuil. "
"It has a lot of river spots, so you will definitely not go wrong visiting there."
"Note - there is no actual place to reach the dam water (to swim in or let your dogs swim in). This was a disappointment. "
"Clarens is 'n fantastiese vakansiebestemming. Dit bied 'n wye verskeidenheid van eetplekke, galerye en aktiwiteite. Dit bly hoog op ons lys van bestemmings."
"Die dorp is besig om in 'n monster te ontaard. Die omliggende omgewing is asemrowend mooi. Maar die ou familie gesindheid van die dorp en dorpenaars is amper heeltemal weg. Mense in die dorp sien jou net as 'n lopende beursie. En die diens by al die restaurante was uiters swak. Ek wil nie 45min wag vir 'n burger en skyfies nie, en dan nog 45min vir 'n rekening, en dan is daar net vier ander tafels in die restaurant. Meeste van die winkels verkoop net goedkoop kaggelkakkies wat mens in die stad ook kan kry, selfs die kunswerke is ook maar algemeen en beskikbaar in meeste gallerye. Kon nie iets uniek of besonders kry wat die naam Clarens op het nie. Die straatverkoper was die enigste een wat 'n gekerfde klip het wat besonders is. As ek dit vergelyk met ons ervaring van die dorp tien jaar gelede, was dit maar soos om in Hartenbos te wees op 'n Desember vakansie. Vol, onnodig en duur vir niks. "
"Pragtige natuurskoon. Net baie hartseer om te sien hoe laag die dam se vlakke is. "
"Dis 'n pragtige omgewing! Daar is nie regtig iets te doen in Fouriesburg en Ficksburg nie. So 3 of 4 dae is genoeg!"