Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 36612 reviews.
"Bettysbaai het 'n pragtige Botaniesetuin met staproetes, 'n massiewe duin, lang kus wandelweë en is heerlik stil. Beslis 'n besoek werd."
"Dit is beslis die beste bewaarde geheim in die Wes-Kaap. Dankie tog ons het dit ontdek. Ons sal beslis weer terugkeer na Church Hills en Riebeek Wes/Kasteel. Ek kan verstaan waarom kunstenaars dol is oor hierdie stukkie aarde. Selfs in hierdie droogte waarin ons gewikkel is, is dit 'n stukkie hemel hier op aarde."
Longacres Country Estate, Western Cape
Camelot Cottages"Het Thali Thali terdeë geniet en Boesman Restaurant 'n besliste aanbeveling."
"Sal graag die dorp en omgewing beter wil leer ken. Hy is groter as wat ek gedink het."
"Long open beach to walk on. Weskus Kombuis Resturant a definite stop for a good meal."
"Ek en my man is eintlik groot Weskus aanhangers, maar het die afgelope 2 jaar in daardie omgewing vakansie gaan hou, en het so baie daarvan gehou dat ons dit baie sterk oorweeg om daar te gaan aftree."
"Pragtige natuur omgewing buite die dorp met fantastiese uitsigte oor Knysna. Veral aanbeveel as gevolg van bokkies, hasse en vele ander."
"Baie beslis 'n besoek werd met al die gasteplase in 'n pragtige omgewing. Pas ook Klaarstroom en De Rust in by enige reisprogram want langs die pad daarheen wag daar verrassings."
"Lekker sentraal geleë. 'n Pluspunt was die treinspoor daar naby waar 'n stoomtrein ons verras het, terwyl ons op die stoep gesit en ontbyt eet het."
"Vir die jongklomp is Tergniet nie 'n swemstrand nie, maar vir die ouer garde is dit 'n ideale wegbreek van stadsgewoel. Vir die avontuurlustiges is daar baie besieningswaardighede in die omgewing."
"Lambertsbaai is een van die beste toeristebestemmings in ons land. Ek sal definitief gereeld daar vakansie gaan hou en dalk myself daar vestig."