Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 36382 resensies.
"Meer parkering vir strandgangers. Die drop kan ‘n vergunning maak dat motors op sypaadjies mag parkeer In die vakansie tyd. Om R500 boete te kry en dit is die mense wat vir die besighede geld inbring die tyd van die jaar is belaglik! "
"Elandsbaai kry 3-sterre. Die res van die Weskus is ongelukkig droog en nie so interessant nie. "
"Prins Albert is 'n dorp vol geskiedenis en interessanthede. Dis besonders om die dorp van meer as 250 jaar oud te bewonder, met sy leivore, ou geboue, antieke grafte en groot bome. Heelwat restaurante om van te kies. Maak seker om ver vooruit te boek vir aandete as mens in vakansie seisoen soontoe gaan. Die hotel het 'n heerlike ontbyt plekkie en 'n Gin bar met 'n verskeidenheid plaaslike gins. Die dorp se kerk is pragtig en het sulke mooi ou huise. En as jy daar is, doen jouself n guns en ry die Swartberg pas, dit kan met 'n gewone kar gedoen word, en is regtig iets besonders om te sien. "
"Snuistery winkeltjies en ander kan gerus deure geopen hou gedurende spits seisoene oor etenstye."
"Quaint and perfect if you are looking to get away from the city hustle. Very peaceful."
"Vir ons was Oudtshoorn 'n aangename verrassing. Ons was jare gelede daar, maar na die besoek sal ons die dorp weer besoek. Alles is baie toeriste vriendelik."
"Verskriklike mooi klein dorpie, sal weer daar bly, maak 'n draai by die Deli in die dorp en koop hulle Droog Rib, beste in SA!"
"Suurbraak is een van daai skaars Suid-Afrikaanse dorpies waar jy alleen kan stap na sonsondergang en veilig wees. So lekker! Dit is sowaar 'n versteekte paradys."