Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 35325 resensies.
"Tulbagh is 'n klein plekkie, maar hulle skiet nie te kort aan vriendelikheid nie. Almal is bereid om te help en dit is 'n baie netjiese dorp."
"Velddrif is eenmaal 'n pragtige plekkie. Ek was verras met alles wat in Velddrif te doen en te sien was."
"Baie sentraal vir besienswaardighede, Hermanus of in rigting van Kaapstad. Binne minute in hoofpad in beide rigtings."
"Die dorp is baie sentraal geleë vir 'n suksesvolle toerisme dorp, maar sukkel bietjie om sy potensiaal te verwesenlik aangesien meeste eiendomme in die sakekern maar uitgeput voorkom."
"Besoek gerus die 4 Sheep Restaurant vir die heerlikste kosse, van skaapkop tot lamb shank. Paaie kan doen met opknapping."
"Dis pragtig hier, lieflike restaurante, mooi see-uitsigte. Netjies en skoon. Vriendelike mense. "
"Lovely in flower season and good place for a stopover if travelling a longer route."
"Die mense is vriendelik en behulpsaam. Daar is 'n probleem met slaggate - gelukkig is die strate breed. Die Robinsonpas se veldblomme is pragtig dié tyd van die jaar."
"Baie mooi dorpie, met blomme in die omgewing in die rigting na Elandsbaai, 'n lekker 4x4-roete by Klein Tafelberg en daar behoort baie voëls te wees met die baie water in die omgewing."