Geverifieerde Resensie
Wes-Kaap
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wes-Kaap bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 43854 resensies.
Mosselbaai Gholflandgoed, Wes-Kaap
Huis Aristea"Wat 'n pragtige plek! See aan die een kant en grasgroen gholflandgoed aan die ander kant."
"'n Pragtige plek waar jy kan wegbreek van die alledaagse gejaag en net lekker rus. As jy jou kinders saam vat, pak bokse in vir die duine. Daar is lieflike winkeltjies naby indien jy iets vergeet het, maar ek sal aanraai dat jy al jou kruideniersware en skoonmaakmiddels van die huis af saambring. Daar is ook heerlike eetplekke vir 'n bederf aandjie."
"Glad nie baie kinder vriendelik. Ons 6 jarige dogtertjie kon net een speletjie speel by die casino. "
"Die botaniese tuin is 'n moet sien, stap gerus na die waterfal toe - dis ongelooflik mooi."
"Vredenburg is a very nice quiet place. All the shops was available and near. The fresh air was great."
"Maak seker jy besoek die Gaatjie restaurant, die uitsig van hul stoep en kos is regtig die moeite werd."
"In die Karoo. Lieflike kalmte in die omgewing. Mens kan regtig jou hart daar verloor."
"Baie rustig en ontspanned, maar geen winkels, behalwe 'n kafee is beskikbaar. As mens iets wil eet of doen moet mens in gaan na Mosselbaai."