Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 34945 resensies.
"Pragtige natuur omgewing buite die dorp met fantastiese uitsigte oor Knysna. Veral aanbeveel as gevolg van bokkies, hasse en vele ander."
"Baie beslis 'n besoek werd met al die gasteplase in 'n pragtige omgewing. Pas ook Klaarstroom en De Rust in by enige reisprogram want langs die pad daarheen wag daar verrassings."
"Lekker sentraal geleë. 'n Pluspunt was die treinspoor daar naby waar 'n stoomtrein ons verras het, terwyl ons op die stoep gesit en ontbyt eet het."
"Vir die jongklomp is Tergniet nie 'n swemstrand nie, maar vir die ouer garde is dit 'n ideale wegbreek van stadsgewoel. Vir die avontuurlustiges is daar baie besieningswaardighede in die omgewing."
"Lambertsbaai is een van die beste toeristebestemmings in ons land. Ek sal definitief gereeld daar vakansie gaan hou en dalk myself daar vestig."
"Baie netjiese perseel en dit was wonderlik om so na aan die natuur te wees en diere te sien wat kom groet."
"Barrydale Hotel beslis plek waar jy moet gaan eet. "
"Great for a peacefully stay and close to tourist destinations and easy access to transportation."
"Weg uit die stad uit met mense wat nog groet en vriendelik is, wat nog hulle hoed afhaal en respek het, baie lekker om te weet dat daar nog sulke mense is. "
"Weg uit die stad uit met mense wat nog groet en vriendelik is wat nog hulle hoede afhaal en respek het. Baie lekker om te weet dat daar nog sulke mense is."
"Baie mooi plek met vriendelike mense en skoon strande. Een baie opvallende ding, was die verkeer. Mense het nog respek vir ander padverbruikers, respek vir verkeersbeamptes/wetstoepassers. Ek gaan terugkeer vir 'n kuier Mosselbaai toe, maar baie beslis vir 'n langer periode."
"Ons eerste besoek hier en met geen vooropgestelde verwagtings. Vir ons was aangenaam."
"Vir my persoonlik die mooiste dorpie. Rustigheid van dorpie en uitsig by see sal my altyd bybly."
"Yzerfontein is die lekkerste dorp aan die Weskus om bietjie weg te kom van al die lawaai in die stad. Salig en pragtig. Die mense in Yzerfontein is ongelooflik vriendelik en bedagsaam en daar is 'n paar eetplekkies met die lekkerste kos. Wat jou vakansie na Yzerfontein ook lekker maak, is dat as jy wil rond toer is die ander mooi dorpies aan die Weskus net 'n entjie weg, jy kan Paternoster toe vir die dag, Jacobsbaai, Darling om net 'n paar te noem. Dis die see- en bos-ervaring saam, wat meer wil mens dan nou hê!"
"Loved the atmosphere and hospitality spirit of the people and places in Paarl."
"Skoon en netjiese dorp. Ek het waardering vir die munispaliteit en die mense van Jongensfontein wat moeite doen om hulle dorp netjies en skoon te hou. Die dorp lyk ook nie 'moeg' nie."